Alle paaie lei na Nampo en Nasie in Gesprek 2019




Die eerste sessie het Mandag 13 Mei afgesluit tydens die mediabekendstelling met Roelf Meyer van die In Transformation Initiative wat die sessie gelei het met die titel, Landbou – ‘n Globale Besigheid, Waar staan Suid-Afrika?

Die anker tydens dié bespreking was Nick Binedell wat die sessie gefasiliteer het met die fokus op die Vennootskappe tussen die Publieke- en Privaatsektore om Volhoubare Ekonomoiese Groei te bewerkstellig.

Die paneel het bestaan uit John Purchase (Agbiz HUB), Rudi Dicks (Uitkomsgebaseerde Fasiliteerder vir Ekonomie en Inklusiewe Groei: Departement van Monitering en Evaluering), Langa Simela (Besigheidsontwikkelingsbestuurder: ABSA) en Jannie de Villiers (Graan SA: HUB).

Toe Rudi oor die regering se Publieke-Private Groei-Inisiatief uitgevra was het hy gesê dat dit ‘n unieke inisiatief is omdat dit ‘n direkte inisiatief van die president is. “Dit is nie na ‘n sekere department of amptenaar oorgedra nie, wat ‘n aanduiding van die belangrikheid daarvan is.”

Nick het die vraag gevra hoekom hierdie inisiatief anders gesien moet word as die vele ander mislukte regeringsinisiatiewe. “Hierdie is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie, dit is ‘n langtermyn vennootskap met strategie en verantwoordbaarheid. Die een ding wat nie tydens die ander inisiatiewe teenwoordig was nie, was verantwoordbaarheid,” sê Rudi.


Jannie het genoem dat “hierdie keer is al die partye (regering, privaat sektor en landbou) daarvan bewus en besef hulle dat hulle mekaar nodig het. Dit is of daar ‘n storm was en die brûe weggespoel het, en ons is nou besig om ware brûe van beide kante te bou. Ons besef ook dat ons nie op ons eie agendas kan fokus nie, anders gaan die brûe nie in die middel ontmoet nie waarna alles weer inmekaar sal tuimel.”

John het bygevoeg dat “daar word besef dat die trajek oor die laaste 9 jaar afwaarts was, en ons almal besef dat indien ons nie kan saamwerk nie, ons nie hierdie trajek sal verander nie. Ons kan dit ook nie alleen doen nie. In die verlede was besigheid as die vyand beskou en andersom, nou is daar ‘n baie meer egte verandering in die houding van beide kante.”

Langa het die punt gemaak dat “landbou moet landbou-ontwikkeling lei” en dit duidelik te maak dat landbou-organisasies en instansies moet die regering en privaatsektor adviseur en lei.

Nick het ook die belangrikheid uitgelig dat soos ons vorentoe beweeg moet alle inisiatiewe inklusief wees.

Die paneel was daarna uitgevra hoe hulle sien hoe die impak van die huidige inisiatiewe oor 10 jaar kan uitspeel. Rudi het gesê dat indien ‘n toename in landbou se bydrae tot die BBP van 2.5% tot 10% kan verbeter, sal dit as suksesvol beskou word.

Hierdie gesprek stel verseker die standaard vir die res van die week se sessies wat ‘n ernstige asook indiepte beeld van die toestand van landbou in Suid-Afrika sal weergee in die lig van die onlangse algemene verkiesing asook President Ramaphosa se aankondiging van sy kabinet. Baie analiste glo dat dit ‘n baie kleiner kabinet sal wees, insluitend ‘n nuwe landbou-administrasie.

Om na die hele gesprek te luister en op hoogte te bly van die res van die geskeduleerde gesprekke wat lewendig vanaf Nampo 2019 gebeeldsend word, besoek die Nasie in Gesprek webtuitse by www.nasieingesprek.co.za.