Arnold wen R12 000 iPad prys met Nasie in Gesprek




Die Bethlehem boorling is veral ingenome met die nuwe iPad nadat hy slegs ‘n week tevore gestruikel het en sy eie iPad beskadig het. Arnold is ‘n ook in die landboubedryf waar hy ‘n graanbemarker by Nupro Commodities is.

Hy het die prys gewen nadat hy slegs ‘n sms na die Nasie in Gesprekkompetisie ingestuur het en hy gaan verseker die iPad gebruik om na die Nasie in Gesprek episodes te kyk en gaan ook die regstreekse verfilming van die Nasie in Gesprek programme by vanjaar se Nampo Oesdag bywoon.

Die boerseun wat op die plaas Lambertinia in die Clocolan distrik grootgeword het voel dat Nasie in Gesprek verseker ‘n massiewe bydrae tot die beeld van die landbousektor lewer en dat almal wat hierby betrokke is verseker ‘n pluimpie verdien.

Hier ontvang hy sy prys by Johan le Grange, Digitale Inhoudspesialis van Nasie in Gesprek. Baie geluk Arnold!