Basiese beginsels van Presisieboerdery




Is dit werklik so maklik as "die regte hoeveelheid insette op die regte plek op die regte tyd met die regte implement”?

Presieboerdery gaan oor die bestuur van landvariasies (grond, klimaat en water) so akkuraat as moontlik ten einde voedsel met hoër produktiwiteit op 'n volhoubare wyse te groei en terselfdertyd produksiekoste en omgewingsimpak te verminder.

Tegnologiese ontwikkeling het groot moontlikhede gebring om bogenoemde te bereik en meer effektief te boer. Die tegnologie sluit in:

  • Afstandbeheertegnologie,
  • Geografiese kartering,
  • Hoë-presisie posisioneringstelsels,
  • Geoutomatiseerde stuurstelsels,
  • Slim sensors en 'n reeks IT-toepassings gekombineer met hoë-tegnologie ingenieurswese,
  • Geïntegreerde elektroniese kommunikasies,
  • Veranderlike toedieningstegnologie

Presisieboerdery begin met die oesgroeisiklus, wat uit vier basiese stappe bestaan:


  1. Presisie grondvoorbereiding


  2. Die impak van die bestuur van oppervlakwater op oesopbrengs word dikwels misgekyk. Die sleutel tot die bestuur van versuiping en erosie is gedetailleerde foto's van kontoerlyne  regoor jou land en/of plaas. Dit word gekoppel aan grondtipe.

    Grondvoorbereiding kan suksesvol gedoen word na analise van:

    • gedetailleerde grondopnamekaarte, bv. grondtipe en topografie,
    • grondfisiese kaart, bv. tekstuur en plantbeskikbare waterkapasiteit,
    • opbrengskaarte van die vorige oes

    Dit sal opbrengspotensiaal en bestuursones vir jou land/plaas verskaf.



    Die korrekte landboupraktyke en implemente kan uit hierdie kaarte geïdentifiseer word om optimum resultate met grondvoorbereiding te bereik.

    Afhangend van die tekstuur en topografie, is grondvoorbereiding tradisioneel die hardste werk vir 'n produsent en word beduidende insette in die vorm van brandstof en tyd vereis. Die verkeerde implement kan die risiko van erosie of misoes verhoog.

  3. Variërende saadtoediengstegnologie

  4. Kritiese faktore vir die behaling van hoër opbrengste met minder saad is korrekte plantdiepte en behoorlike ryspasiëring. Gekombineer met geografiese kartering, kan dit die volgende verseker:

    • Meer saad word geplant in grond met 'n hoë opbrengspotensiaal
    • Minder saad word geplante in lae-opbrengspotensiaalgebiede
    • Effektiewe variërende toediening (VRT) van kunsmis


    Vinnige en eenvormige ontkieming verseker 'n hoë-opbrengs oes en optimale gebruik van hulpbronne. Dit is derhalwe belangrik om grond- en klimaatseienskappe sowel as bewerkingspraktyke met betrekking tot plantereienskappe in ag te neem en so te verseker dat die planter toegerus is met tegnologie om effektiewe en akkurate aanplanting gedurende die optimale planttyd te verseker.

  5. Presisie Gewasbestuur

  6. Gedurende hierdie fase benodig die plante:

    • die regte hoeveelheid topbemesting op die regte tyd, en
    • behoorlike bestuur van onkruid, peste en siektes.


    Belangrike presisietoepassings gedurende die derde fase sluit in:

    • Gewasmonitering
    • Geoptimaliseerde grensverspreiding
    • Satellietmoniteringstelsels (GPS)

    Bogenoemde het ten doel om die risiko van oor- of onderbemesting te elimineer en bespuiting te verminder deur nie oorvleuelende areas te bespuit nie.


     

  7. Presisie-oes


  8. Oestyd is diksels die mees kritiese stap in die totale gewassiklus. Spoed, akkuraatheid en tydsberekening is die faktore wat die sukses van al die vorige stappe bepaal.

    Alhoewel dit die "einde" van een produksiesiklus is, het die volgende produksiesiklus reeds begin met die fisiologiese rypheid van die gewas wat geoes word.


    Intydse kartering van opbrengsmonitering is 'n belangrike wyse waarop data versamel kan word en jy kan sien wat werklik in 'n land gebeur het. Die interpretasie van data is wat jou na veranderingsbestuur sal lei.

  9. Data-analise en evaluering


  10. Die produksiesiklus eindig aan die einde van die evaluasieproses. Die strategie in die vorige vier stappe moet geëvalueer word. Die korttermyn- en langtermynevaluasie van data is nodig om die volgende te identifiseer:


    • Wins of verlies in elke bestuursone,
    • Effektiwiteit van kommunikasiestelsels, implemente, sensors, tegnologie, ens.
    • Omgewingsimpak,
    • Nuwe strategie vir die volgende produksiesiklus.


Om meer inligting te verkry oor Senwes Landbou- en Presisiedienste, kontak:

Etienne Nel - Bestuurder Presisieboerdery; 018 464-7526 or
Petrus van Staden – Senior Agronoom; 018 464-7800

Of besoek: http://www.senwes.co.za/en-za/products-services/agricultural-services