BBP-insinking kan landbou oor langtermyn skaad – Francois Strydom

  • 25 September 2020
  • 2155
  • nuus



Francois meen is hy bekommerd oor die langtermyn impak van die groot inkrimping in die nasionale ekonomie vir die landbou. Dit volg nadat Statistieke Suid-Afrika (SSA) vroeër die maand bekend gemaak het dat die bruto binnelandse produk (BBP) in die tweede kwartaal met 51% op ʼn seisoenaangepaste, geannualiseerde grondslag ingekrimp het. “Op die korttermyn het die landbou baie faktore in sy guns, maar op die langduur kan die inkrimping die vraag na landbouprodukte laat afneem en sodra dit gebeur, sal dit ʼn uitwerking op kommoditeitspryse hê,” verduidelik Francois.

Die landbousektor het in die tweede kwartaal met 15,1% gegroei en het bewys dat die sektor nie net veerkragtig is nie, maar ook ʼn meer beduidende rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie kan vervul. Verskeie faktore het tot dié groei bygedra, waaronder die feit dat die landbou in die inperking as noodsaaklik verklaar is, dat die sektor ʼn hersteljaar beleef en dat daar ʼn opbloei in uitvoere – ondersteun deur die swak wisselkoers, is.