Digitale landbou - Die sleutel tot volhoubaarheid




Die kombinasie van gevorderde datawetenskap, sensors en behoorlike konnektiwiteit stel ons in staat om relevante inligting aan produsente te verskaf op 'n intydse basis, op die land.

Hierdie kennis stel boere in staat om meer ingeligte besluite te neem en om elke duim van hul lande te bestuur ten einde maksimum opbrengste te verseker. Digitale toerusting maak alreeds 'n verskil vir boere regoor die wêreld en verbeter hul effektiwiteit in die bestuur van vrugbaarheid, water en gewasgesondheid. Moontlikhede is eindeloos as ons tegnologiese innovasie en die vernuf en deursettingsvermoë van boere bymekaar kan bring. Dit sal ons in staat stel om produktiwiteit te ontsluit wat ons sal help om 'n groeiende bevolking op 'n volhoubare wyse te voed.

Digitale landbou vs Presisielandbou

Digitale Landbou is die gebruik van data en gevorderde rekenaartegnieke ten einde meer ingeligte besluite te kan neem oor ons oeste en landbouaktiwiteite. Dit sluit in al die inligting in the landbou-ekosisteem, insluitend data oor die oes, toerustingdata, omgewingsdata, bedryfsdata en selfs mark- en logistieke data.

Presisielandbou gaan oor die uitvoering van ons landbouplanne so noukeurig as moontlik en “boerdery tot op enkele saadvlak.”  Dit word dikwels deur gespesialiseerde toerusting uitgevoer, wat insluit hoe ons ons saad plant, bestuur en oes, sowel as hoe ons die grond bestuur tussen plantseisoene met prosesse soos bewerking, oesrotasie, dekgewasse en veranderlike toediening van kunsmis.

Digitale en presisielandbou gekombineerd gaan nie net oor hoër oeste nie, maar ook daaroor om so effektief as moontlik te wees, om meer te produseer met minder op 'n volhoubare en betroubare wyse.

Die digitale landboubedryf is nog baie jonk. Data word vandag gebruik om beter voorskrifte te formuleer, vrugbaarheid te optimaliseer, om peste en siektes vroeër te identifiseer, logistiek te bestuur, ens. Vir die huidige word die waarde van digitale landbou gedefinieer deur die verbeterings waaraan ons klante erkenning gee by wyse van verhoogde produktiwiteit.

'n Oplossings- of "platform"-benadering

Ons sien dikwels innoverende produkte van veelvuldige ondernemings wat in geslote omgewings ontwerp is, wat vereis dat produsente 'n verskeidenheid ander toepassings moet koop en gebruik ten einde 'n volledige spektrum van voordele te verkry.

Eenvoudig gestel - boere benodige tegnologiese toerusting wat ontwerp en gelewer is om intuïtief en op 'n georganiseerde wyse aan hul behoeftes te voldoen. As ons hulle versoek om te wissel tussen 'n aantal verskillende toepassings terwyl hulle besig is om te plant, voldoen die digitale landboubedryf nie aan hul behoeftes op 'n realistiese wyse nie. As bedryf is dit nodig om nuwe landboutegnologie te ontwikkel en te ondersteun in oop, samewerkingsplatforms of -oplossings.

Gevolgtrekking

Digitale landbou sal ongetwyfeld uitbrei in die toekoms en toenemend kragtige gereedskap in die boer se hand plaas om oeste en winsgewendheid te verbeter, kommer oor voedselsekuriteit te verminder en om meer volhoubare landboupraktyke regdeur die wéreld te verseker. Daar is egter terselfdertyd beduidende uitdagings soos: hoe vinnig sal digitale toerusting ontwikkel word en hoe gou sal die digitale landboubedryf, boere en die totale landbou-ekosisteem daarby kan aanpas om die beste daarvan te maak.