In die volgende Senwes Scenario




Ons delf so bietjie meer oor ‘n paar interessanthede oor reën en reëndruppels het ook ‘n paar treffende aanhalings oor die reën en vloede en biddae vir reën wat landswyd plaasgevind het asook ‘n spotprent van Peter Mascher oor hoe ‘n produsent voel oor reën.
 
Nog ‘n lekker aankondiging is die bekendtelling van OneAgri, waar jy met een identiteit op verskeie platforms kan aanteken. Dan praat ons ook met die heel eerste produsent wat vir AgriRewards geregistreer het, Pierre van Eeden, en hy oorreed ander produsente om ook aan te sluit.
 
Dan reën dit figuurlik John Deeres op Agrivan Boerdery met heelwerktuigbemarker op Hoopstad, Kwek Dietrichsen, wat 33 van die 39 John Deeres aan hulle verkoop het. Soos reën ons verras het, was Gert of Gerlu Roos verras dat hy die John Deere Gator 855D Gator gewen het, en ons berig ook oor sy wenervaring. En dan vertel Thys Grobbelaar ons ook meer oor reënvalvooruitsigte in Druppels op die Dak en Graanmarkvooruitsigte met Susari Geldenhuys wat haar volgende Safex Scenario’s met Susari ons meer oor tendenslyne vertel. Jan-Lodewyk Serfontein se tweede jagrubriek, kolskoot is weer een van die nuwe briesies Senwes Scenario.
 
Moenie hierdie en talle ander interessante artikels misloop in die Desember 2016/ Januarie 2017 uitgawe van Senwes Scenario nie.
 
‘n Geseënde en reënerige Kersfees asook al die beste vir 2017 word vir 'n ieder en elk toegewens.