Lenteskenking verheug talle




By die Viljoenskroon Jeugsorgsentrum is agt kinders, almal tussen 1 en 11 jaar, se harte verbly met Viljoenskroon Silobestuurder, Nico van Rensburg en sy vrou Rona, wat die skenking aan die sentrum oorhandig het. Die voorsitter van die sentrum, Lynette Nel was verheug en dankbaar vir die skenking.
 
By die Potchefstroom Opheffingsprojek in Hebron is daar ook 15 geskenkpakke en komberse asook vier pakke meel aan die projek geskenk. Die silobestuurder by Enselspruit Silo, Cornelius du Plessis, het die skenking oorhandig waar 85 mense gehelp word.  Die projekleier, Christo Swanepoel, was baie dankbaar vir die skenking.