Senwes Groep verbeter op toonaangewende aantekenproses




Wat is OneAgri?
OneAgri is ‘n registrasieproses waar elke klant/gebruiker een identiteit/profiel kry waarmee hul op verskeie platforms in die Senwes Groep kan aanteken. Gebruikers se selfoonnommer is hul sleutel en verskeie magtigingsmetodes (wagwoord, PIN-kode, OTP) word dan hiermee saam gebruik om hetsy transaksies te magtig, kontrakte te teken, toegang verkry tot markinligting, ens. 
 
Wat is die voordele van OneAgri?
- Een identiteit oor verskeie agri-platforms 
- Eenkeer aanteken vir verskeie platforms 
- Verskillende magtigingsmetodes 
- Gebruikers- en selfoonvriendelik
 
Dit gaan alles oor gerieflikheid! 

Watter platforms word deur OneAgri gedryf?
Tans gebruik AgriRewards, Hinterland en Nasie in Gesprek reeds hierdie gerieflike funksionaliteit. TradeVantage en MySenwes sal in die nabye toekoms ook deur OneAgri gedryf word, wat beteken dat dieselfde aantekenbesonderhede dan ook op die platforms gebruik kan word.
 

Enige navrae kan gerig word aan info@oneagri.co.za.