Senwes se "Vir die boere"-veldtog uitgebrei

  • 28 Februarie 2019
  • 3063
  • press-release



Senwes Groep HUB, Francois Strydom, het alle SA maatskappye uitgedaag om dieselfde te doen. Die veldtog was uiters suksesvol en het meer as 200 000 mense op sosiale media bereik, verskeie media-onderhoude is gevoer met talle ander positiewe terugvoer wat uit die bedryf ontvang is. Die sukses van die veldtog het daartoe gelei dat Senwes die aksie uitgebrei het om op alle plaaslik geproduseerde kommoditeite te fokus in 'n poging om Suid-Afrikaners so ver te kry om produsente te ondersteun. Die uitbreiding van die veldtog skop op Vrydag, 1 Maart 2019 af, met die hutsmerke #eatlocalchicken #eetplaaslikehoender, en Senwes personeel sal selfies op sosiale media plaas van hulself, wat enige hoender- of pluimveeprodukte geniet. Die idee is om plaaslike pluimveeprodusente, wat onder geweldige druk is weens internasionale invoere, te ondersteun.


“Ons gaan 'n kommoditeitswye fokus afskop vir die res van die jaar, wat alle plaaslik geproduseerde kommoditeite sal insluit, selfs niskommoditeite soos koffie, pekanneute, avokado's, ensovoorts,” sê Francois. Ons sal natuurlik die meer bekende kommoditeite ook insluit en prettige leuses daaraan heg, soos: Slap chip-Donderdag (aartappelboere), Graan-Dinsdag (graan-/koringboere), Melkerige Maandae (melkboere); Vrugte Vrydae (vrugteboer); Sonneblom Sondae (oliesaadprodusente), Vleiserige Vrydae (rooivleisprodusente); Mondvol Maandae (verskeie kommoditeite); ensovoorts. Ons sal ook die skaap-, vark-, soja- en visbedryf insluit. Dit is 'n prettige manier om die kollig te plaas op die baie ernstige verhouding wat boere met alle Suid-Afrikaners en die Suid-Afrikaanse ekonomie in geheel het.

“Die landbousektor speel 'n deurslaggewende rol in werkskepping in elke aspek van die waardeketting, van die plaas tot die tafel, en het 'n geweldige impak op die fiskus. Landbou is die hoeksteen van enige suksesvolle ekonomie, ongeag die land waarvan ons praat.

“Ons moet die belangrikheid van die produksie en aankoop van plaaslik geproduseerde goedere, in plaas van die invoer en aankoop van buitelandse produkte, beklemtoon. Suid-Afrikaners moet verstaan dat die aankoop en produksie van plaaslike produkte 'n werklike impak het op werkskepping en werksekuriteit, sowel as op volhoubaarheid. 

“Politici gaan nie die verandering maak wat ons nodig het nie - ons, gewone Suid-Afrikaners, sal en dit kan begin deur bewusmakingsveldtogte soos hierdie.

“Ek wil graag elkeen bedank wat gehoor gegee het aan ons aanvanklike veldtog, #braai4farmers, en doen 'n beroep op alle Suid-Afrikaners om weereens die veldtog te ondersteun. Hou die Senwes sosiale platforms dop vir deurlopende dekking van ons inisiatief,” sê Francois.

Uitgereik deur: Senwes Kommunikasie
Kontakpersoon:
Marlon Abrahams | Kommunikasiebestuurder  
Tel: 0184647349 • Sel: 0764129717