Senwes trots om deel van die eerste Nampo Kaap te wees




Senwes was ook die hoofborg van Suid-Afrika se voorste landbougespreksprogram, Nasie in Gesprek, wat lewendige uitsendings van besprekings oor landbou-aspekte vanaf Nampo Kaap gedoen het.

Nampo Kaap is die suster-skou van die Nampo Oesdag, wat jaarliks naby Bothaville in die Vrystaat gehou word. Die landboufees word beskou as die grootste geleentheid op die SA landboukalender en het vanjaar meer as 80 000 besoekers gelok. Verwagtinge van Graan SA organiseerders dat die Kaapse weergawe meer as 10 000 besoekers sal lok, is oortref toe meer as dié getal mense die skou oor die drie dae besoek het.

JDI se BD, Emilius Tomlinson, sê die geleentheid het sy verwagtinge oortref. “Ons het 'n rekord omset in terme van John Deere speelgoed en klere gehad en groot belangstelling in ons John Deere en JCB toerusting is geregistreer. Ek wil graag die organiseerders geluk wens met 'n uitstekende skou en wil hulle verseker dat JDI volgende jaar terug sal wees by Nampo Kaap, selfs groter en beter!”

Nieteenstaande die winderige weer, het plaaslike en internasionale besoekers in hul hordes opgedaag en daar was meer besoekers op die eerste dag as tydens die hele skou verlede jaar, toe dit nog deur ander organiseerders bestuur is.

Nasie in Gesprek se onderwerpe van bespreking was:

  • Hoe skep ons nuwe energie in landbou?
  • Die rol van intensiewe lewendehaweboerdery in volhoubare vleisproduksie (fokus op skape).
  • Wat hou die toekoms in vir alle belanghebbendes in die garsbedryf?
  • Opleiding en opleidingsfasiliteite in landbou, konsolidasie of spesialisering?

Jeugfokus.

Besoek die Nasie in Gesprek webtuiste by www.nasieingespre.co.za om die volledige programme te kyk.

Aanbieder Theo Voster het hulde gebring aan Nampo Kaap en die sukses daarvan en gesê dat "Nasie in Gesprek hier is om te bly (by Nampo Kaap). Nieteenstaande die weer, was die gees fenomenaal!"