Splinternuwe nasie in gesprek skop af met ‘n stapel- en styselgeur




Mielies is ons stapelvoedsel, maar mense onderskat steeds die groot rol wat mielies in die totale waardeketting speel. In die eerste program, wat op die dag om 18:00 op kykNET uitgesaai word, is die mieliebedryf onder die loep waar die Vrystaatse dorpie Parys besoek word wat bekend is vir die kunsgallerye, talle buitemuurse aktiwiteite en prentjiemooi-omgewing en plaaslikes vertel ons meer van hierdie en ander uniekhede. Senwes HUB asook Agbiz voorsitter, Francois Strydom en Graan SA ekonoom, Dirk Strydom plaas dan alles in perspektief vir die kykers.

Aanbieders Theo Vorster en Rozanne McKenzie sien verskriklik uit na die 13-weke lange reeks waar daar op mielies, rosyne, uie, lewende hawe, kwekerye, bosbou, beet, Nampo Oesdag, koring, katoen, pekanneute en situs gefokus gaan word. So, moenie hierdie openingsprogram asook die reeks misloop nie, elke Donderdagaand 18:00 op kykNET, van nou af tot en met 27 Junie 2019. Vir meer inligting of die volledige skedule van hierdie nuwe reeks besoek asseblief die webtuiste www.nasieingesprek.co.za.