Van selfaangedrewe na gemonteerde of gesleepte spuite





Waar hulle eenmaal tot kleinskaalse boere beperk was, raak trekkergemonteerde of gesleepte spuite nou toenemend gewild onder die baie grootskaalse boer wat tradisioneel selfaangedrewe spuite verkies het. Die ooglopendste veronderstelling is dat hierdie groot boere vestigingskoste wil verlaag en van die groot prysverskille bewus raak. Maar dis dalk nie die enigste rede nie. Monteer- of sleepspuite het ’n aantal ander voordele vir die moderne boer en laat veel groter veelsydigheid in hul bedrywighede toe.

Die vorderinge in tegnologie, veral by maatskappye soos Amazone, het verseker dat die kapasiteit van monteerspuite nou vergelykbaar is met dié van selfaangedrewe modelle of dit selfs oortref. Die liggewig-ontwerp laat die gebruik van kleiner trekkers toe, en omdat hulle gemonteer word, maak hierdie modelle dit moontlik vir die trekkers om elders gebruik te word wanneer hulle nie spuit nie. Baie van die groter boere het nou een selfaangedrewe spuit met twee of selfs drie monteerspuite vervang. Dit maak spuit op verskillende dele van die plaas tegelyk moontlik en verkort die spuitproses. Dit pas ook die boer wat grond op verskillende plekke het en nou een trekker en monteerspuit op elke plek kan hê. ’n Algemene bekommernis vir baie van hierdie groot boere is af tyd wat ondervind word wanneer herstelwerk aan ’n selfaangedrewe spuit gedoen moet word. Die tydvertraging kan kritiek wees wanneer die tydvenster vir spuit kort is.

Veral gewild oor die afgelope Suid-Afrikaanse spuitseisoen was die Amazone UF 1801-spuit. Die  staandaardvermoë is 1 980 ℓ, en daar is ’n opsie van ’n ekstra 1 000 ℓ-voortenk wat verseker dat hierdie monteerspuit net minder as 3 000 ℓ kan hou. Die UF-reeks is ook toegerus met Super-S-balke met groot werkswydtes van 15 tot 28 m; en vir vinnige en veilige padvervoer word die Super-S-balk direk agter die spuittenk ingevou vir ’n vervoerwydte van slegs 2,4 m. Die Amazone UF-spuite beïndruk altyd met hulle maneuvreerbaarheid, eenvoudige hantering, dog hoë oppervlaktedoeltreffendheid.

Vir meer inligting oor ons volledige reeks spuite, kontak asseblief een van ons gemagtigde Amazone-handelaars.