Villa beskerm die sade van groei in Suid-Afrika en verder




Deur ’n massiewe belegging in die ontwikkeling van sy produkportefeulje wat ‘n wye reeks van gewasse, insluitend rygewasse asook “permanente” of “uitvoer-” gewasse – soos sitrusvrugte, tafeldruiwe, appels en pere – fasiliteer die maatskappy die voortdurende groei van Suid-Afrika se beduidende landbou-uitvoere.
 
Die landbou-industrie is steeds van kritiese belang in Suid-Afrika, asook verskeie ander Afrika-lande, vanuit ’n werkverskaffings- en voedselsekuriteitoogpunt. Omtrent 80 persent van bewerkbare land in Suid-Afrika word gebruik vir landbouproduksie, wat meer as 97.6 miljoen hektaar beloop.
 
Met die sektor wat nagenoeg 2.5 persent (8.7 biljoen Amerikaanse dollar) tot Suid-Afrika se BBP bydra, is Villa gretig om munt te slaan uit dié marksegment. Die maatskappy belê aansienlik in produkontwikkeling om ’n omvattende oplossing tot gewasbeskerming, in pleks van slegs losstaande produkte, te bied. Villa is vol vertroue in sy vermoë om wins terug in die besigheid te ploeg ten einde markaandeel te verkry, nadat sy omset met 23 persent in die 2013-2014 finansiële jaar verhoog het met volgenoue groei jaar na jaar. “Na raming besit ons tans ’n markaandeel van net oor die 20 persent,” sê Andre Schreuder, Besturende Direkteur van Villa Crop Protection.
 
In Oktober 2015 het Villa ’n eksklusiewe vennootskapsooreenkoms met die VSA-gebaseerde Land O’Lakes gesluit, wat sy groeiplanne in Suid-Afrika en op die res van die kontinent verder versterk, en die VSA$17 biljoen-entiteit se toetrede tot Afrika beteken.
 
Villa kan nou ’n volledige produkportefeulje aan die hele Suid-Afrikaanse landboumark bied, met sleutel-kleinhandelaars dwarsoor die sektor wat verdere markgroei fasiliteer, asook ’n span van meer as 200 werknemers.
 
Schreuder sê: “Die ooreenkoms beteken dat twee eendersdenkende organisasies twee aanvullende portefeuljes van produkte en dienste wat produktiwiteit in gewasse bevorder, kombineer, om plase in Afrika te help om hul opbrengste volhoubaar te verbeter. Bo en behalwe toegang tot nuwe kapitaal, is die opwindendste aspek van hierdie onderneming die verkryging van toegang tot nuwe kundigheid – wat wissel van kollektiewe produkaankope, vaardigheidsoordrag, die deel van kundigheid op die gebied van produksamestelling, toegang tot besluit-ondersteunende inligtingstegnologie, en kwaliteitsbeheerkundigheid.”
 
Die korttermyn fokus sal wees om die proses te bestuur om die plaaslike registrasie van Land O’Lakes se indrukwekkende reeks Winfield-produkte, wat bymiddels en plantvoedingsprodukte insluit, te bewerkstellig.
 
Schreuder som op: “Hedendaagse landbou word is tegnologie-gedrewe en benodig hoë vlakke van kundigheid, en ons glo dat Villa in die toekoms ’n leier op beide van hierdie gebiede sal word. Teen die einde van 2016 sal ons ’n aansienlik groter teenwoordigheid op die kontinent hê, ’n groter span, groter fasiliteite (9500m2 se nuwe stoorruimte tans in aanbou) en ’n wyer reeks produkte wat geassosieerde industrieë soos vliegbeheeroplossings, knaagdierdoders, ’n huis- en tuinportefeulje, en ’n industriële onkruidbeheerportefeulje insluit.”
 
Villa beoog uiteindelik om sy markaandeel te groei, en voort te gaan om in pas met industrietendense te ontwikkel, ten einde ’n volledige, waardetoevoegende oplossing aan sy klante te bied.
 
Tel: 011 396 2233