Virtuele toer bring Duitse heelwerktuie tot by jou voorstoep

  • 13 November 2020
  • 2052
  • nuus



Amazone is so ʼn produkreeks. Dié Duitse heelwerktuie voldoen aan ʼn groot verskeidenheid spesifikasies en beskik oor opsionele ekstras wat ʼn nommerpas oplossing vir elke produsent kan bied. In Suid-Afrika, is Falcon Equipment, ʼn filiaal van Senwes Equipment, die alleen-invoerder van hierdie heelwerktuie.

Ten einde van die gewildste produkte in dié produkreeks aan produsente bekend te stel, het Senwes Equipment ʼn virtuele toer saamgestel wat die geleentheid bied om, vanuit die gerief van ʼn gemakstoel, meer te wete te kom van die CEUS 4000 – 2TX, die CENIUS 5003 – 2TX, die CATROS+ 6001 – 2TS en die ZG-TS 10001. Dié toer bied ʼn kykie na die produkte se werkverrigting in die landery, verleen tegniese inligting, verduidelik die betrokke spesifikasies én bied aan produsente die unieke geleentheid om elke produk van nader te beskou, deur middel van ʼn 360° aansig.

Neem vandag nog die toer, en vergewis jouself van die nuutste tegnologie en innovasie op die mark: http://senwes.co/amazoneVT.

Vir meer inligitng, skakel jou naaste Senwes Equipment heelwerktuigbemarker, gemagtigde Falcon-handelaar of produkspesialis.