2021 Nampo Oesdag Aankondiging

  • 05 Februarie 2021
  • 1977
  • press-release



Met die aanvang van 2021 het Graan SA voortgegaan om die oplewing in die koronaviruspandemie nasionaal sowel as die gepaardgaande regulasies en beperkings op die land, te monitor. Ingevolge die huidige Vlak 3 van die Wet op Rampbestuur, het Graan SA voortdurend die moontlikheid geëvalueer om die NAMPO Oesdag van 2021 in die oorspronklike formaat aan te bied, alhoewel met die beste praktyke in gedagte om die veiligheid van uitstallers en besoekers te verseker.

Aangesien die COVID-19-pandemie onophoudelik in Suid-Afrika voortwoed, het Graan SA voortgegaan om op grootskaal met alle belanghebbendes te konsulteer oor die beste pad vorentoe. Die potensiële risiko van verdere golwe in die komende maande kan nie geïgnoreer word nie en Graan SA moes weer die moeilike, maar verantwoordelike besluit neem om die 2021 NAMPO Oesdag wat van 11-14 Mei 2021 op NAMPO Park, net buite Bothaville, sou plaasvind, uit te stel.

Graan SA is daartoe verbind om toepaslike aksieplanne te implementeer in verband met die voortgesette ontwikkelinge van COVID-19. "Die gesondheid en veiligheid van besoekers, uitstallers, personeel, borge en die hele landbougemeenskap tydens die NAMPO Oesdag is van die grootste belang en word gelei deur hierdie prioriteite en beste praktyk. Die besluit om die geleentheid uit te stel was 'n noodsaaklike besluit," het Jannie de Villiers, Uitvoerende hoof van Graan SA gesê.

“Terwyl ons voorsorg tref en sommige dinge 'n bietjie anders doen, is ons strewe om 'n gediversifiseerde landbouhandelskou aan te bied wat tot voordeel is van ons getroue en jarelange vennote, die plaaslike gemeenskappe en die breër landbousektor as geheel. Graan SA is daartoe verbind om risiko-ingeligte besluitneming toe te pas en om alle belanghebbendes op hoogte te hou, ”sê Dirk Strydom, bestuurder van graanekonomie en -bemarking.

Om aan te pas by die veranderinge wat die COVID-19-pandemie teweeggebring het en deur nuwe tegnologie aan te neem, was die 2020 NAMPO Oesdag eenmalig virtueel aangebied en meer as 31 500 besoekers het die aanlyn NAMPO Virtuele-uitstallingsplatform van 9-12 September 2020 besoek om die beste en nuutste innovasies van meer die 93 nuutste uitstallers te ervaar.

Die NAMPO Kaap skou, geskeduleer vir 8-10 September 2021 in Bredasdorp, Wes-Kaap, en die NAMPO Alfa-skou, beplan vir 30-Sep - 2-Oct 2021 op NAMPO Park, Bothaville, sal op hierdie bevestigde datums voortgaan.

Einde

Uitgereik deur:
Graan SA Kommunikasie                                                                        

Verdere navrae:
Jannie de Villiers, Uitvoerende Hoofbestuurder, Graan SA