Asiatiese vrugtevlieg gedy na goeie neerslae

  • 11 Februarie 2022
  • 988
  • nuus



Omdat heelwat insekdoder deur die reën afgespoel is, word produsente gemaan om hul benadering tot plaagbeheer aan te pas.

Volgens die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling is meer as 70 bekende spesies kommersiële én wilde vrugte vatbaar vir besmetting. Mango’s is veral vatbaar.

Plan van aksie

Produsente word aangeraai om velde en boorde weekliks te ontsmet om ontslae te raak van vrugte wat van die bome geval het. Dit word as ‘n doeltreffende voorsorgmaatreël beskou om die vrugtevlieë in bedwang te bring.

Hiermee saam moet produsente ook die bevolking van die vrugtevlieë monitor deur van lokvalle gebruik te maak.

Wetgewing en permitte

Die departement meen dit is uiters belangdrik dat produsente en rolspelers bly by die maatreëls wat in wetgewing voorgeskryf word. ‘n Permit moet ook van die departement bekom word wanneer gasheergewasse van besmette gebiede na gebiewe waar besmetting nie voorkom nie, vervoer wil word.

Hierdie permitte word net uitgereik wanner die vrugtevliegbeheermaatreëls in werking gestel is en bevolkingsvlakke tot ‘n aanvaarbare vlak gedaal het. Die permitte word gevolglik opgeskort as die getalle in die gebied tot onaanvaarbare vlakke styg. Vir meer inligting oor permitaansoeke, kontak die departement se direktoraat vir inspeksiedienste by 012 309 8735/8791/8763. Alternatiewelik kan ‘n e-pos gestuur word na RemovalPermits@dalrrd.gov.za.