Brandstofprys daal verder gedurende November

  • 06 November 2020
  • 2065
  • nuus



Die verwagte prysverlaging het op Woensdag, 4 November ingetree.

Volgens die Sentrale Energiefonds sien die oorverhandelings as volg daaruit:

  • 95-oktaan-petrol: 27s per liter
  • 93-oktoaan-petrol: 24s per liter
  • Diesel met 0,05% swael: 11s per liter
  • Diesel met 0,005% swael: 10s per liter

Dié bedrae vir petrol is op die prys wat motoriste by vulstasies betaal, maar die bedrae vir diesel is op die groothandelprys. Die kleinhandelprys van diesel word nie gereguleer nie. Die dalings verteenwoordig die tweede agtereenvolgende daling in die petrolprys en die derde agtereenvolgende daling in die dieselprys. Op die keper beskou, is dit die sewende maand vanjaar, uit elf, wat die petrolprys daal.

Paraffien sal na verwagting 15s per liter duurder word.

Bydraende faktore

Die daling in die brandstofprys word grotendeels toegeskryf aan die prys van brandstof op die internasionale mark en die rand-dollar-wisselkoers.

Internasionale brandstofpryse het gedaal weens laer oliepryse. Dit word berig dat die olieprys in Oktober met die meeste in een maand gedaal het sedert Maart – die maand waarin Covid-19-infeksies die vinnigste in Europa en die VSA versprei het. Dié eerste vlaag is opgevolg deur streng inperkingsmaatreëls wêreldwyd. Brent-ruolie het die afgelope maand van sowat $43 per vat na so laag as $37 per vat gedaal.

In die geval van die rand-dollar-wisselkoers het die rand tot selfs R16,20 per dollar versterk, wat nagenoeg 8s per liter tot die laer prys bydra.