Die Senwes Scenario platforms is aan die gons




Met hierdie syfers wink groot potensiaal ‘n entjie in die pad af en is dit nou krities belangrik om hierdie leserstal te behou en op ‘n volhoubare wyse leesstof wat aanklank by ons teikengehoor vind, beskikbaar te stel. Een van die uitskieters op die Scenario platforms is die jagartikels. Jaco Kruger se rubriek ‘Hoe maak ek my jaggeweer meer akkuraat?’ was ‘n gunsteling met ‘n gemiddeld van 2 459 lesers.
 
Verder geniet lesers ook die aanlynweergawes van die Senwes Scenario met ‘n totaal van 1 049 keer wat Februarie/Maart en April/Mei se tydskrifte deurgeblaai is.  Die taalverdeling is relatief eensydig met die volledige Afrikaanse weergawe wat 77% van hierdie syfer opmaak.
 
Indien daar nog personeel is wat nie die Senwes Scenario toepassing op hulle slimfone het nie, maak seker jy kry dit vandag. Indien jy ‘n iPhone het, gebruik hierdie skakel http://fwd2.co/ScenarioApple, so nie, gebruik http://fwd2.co/ScenarioGoogle.