Die uitvoer van appels en pere gedy in 2021

  • 03 September 2021
  • 1212
  • nuus



Appels word hoofsaaklik na die Verre Ooste, ander lande in Afrika en na Brittanje uitgevoer, terwyl pere vir die Europese Unie, die Verre en Midde Ooste en Rusland geoormerk is.

Volgens die Wes-Kaapse minister van landbou, dr Ivan Meyer, is die verwagting dat Suid-Afrika vanjaar ʼn rekordvolume appels en pere sal uitvoer. Ongeveer 42,55 miljoen kartonhouers appels en 17,47 miljoen kartonhouers pere sal na alle waarskynlikheid uitgevoer word, wat onderskeidelik ʼn 16% en 4% groei op verlede jaar se syfers verteenwoordig.

Meyer is wel bekommerd oor moontlike struikelblokke soos onvoorsiene weersomstandighede, toerusting wat onklaar kan raak en ʼn tekort aan vraghouers. In die verband het die ministerie ʼn versoek aan Transnet gerig om in nuwe toerusting te belê ten einde ʼn doeltreffende logistieke stelsel en werkende infrastruktuur te verseker.