Die volgende Senwes Scenario bult van inligting!




Hierdie areafokus is die sesde in die reeks en mens kan skaars glo dit is al ‘n jaar sedert die eerste fokus op Hartswater gedoen is. Ons kyk na ‘n paar interessanthede op hierdié Vrystaatse dorpie wat dié afgelope seisoen ook die ergste deurgeloop het tydens die knellende droogte. Koppelend met die Bultfontein areafokus fokus ons in kollig op die Voorsitter van die Bultfontein Distrikslandbou wat ook in die area boer.
 
Ons gaan voort met die fokus op opkomende produsente met Bora Monyatsi van Vereeniging, die derde een naas die van Phillip Mukhiti en Herbert Mabuza.
 
Ons berig ook oor die afgelope Huntex en dan ook oor die 50ste Nampo wat volgende week vanaf 17 tot 20 Mei plaasvind.
 
Met die fokus op jag het ons twee jagrubrieke in hierdie uitgawe met die van Jaco Kruger en Frans Dreyer.
 
Thys Grobbelaar vertel ons meer oor die graanmarkvooruitsigte en druppels op die dak. Dan is Susari Geldenhuys se Safex Scenario’s ook daar met Slaggate in korttermynversekering weer terug. Ons geestelike rubrieke soos Future Focus, Kos vir die Siel en ‘n Boer maak ‘n Plan rond alles mooi af. 
 
Dit en vele meer in die volgende Senwes Scenario!