Droogterampfonds




Die gevolge van die droogte het ‘n negatiewe impak op die ekonomiese oorlewings-vermoë van talle boere, wat ook direkte kortermyngevolge soos voedseltekorte vir landelike gemeenskappe en spesifiek ook vir boere- en plaaswerkergesinne kan meebring.  “Dit is daarom belangrik dat pogings aangewend word om diegene in hierdie moeilike situasie te ondersteun”, sê Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur, Agri SA. 

Senwes, een van die toonaangewende maatskappye in die land, het kragte saamgespan met Agri SA om die Droogterampfonds te stig om bystand, veral op humanitêre vlak, by te staan in hierdie moeilike tyd. Ons doen graag ‘n beroep op sake ondernemings en die publiek om hierdie inisiatief te ondersteun deur bydraes te maak tot die fonds via die webblad wat daarvoor beskikbaar gestel is by www.droogterampfonds.co.za.

Die volgende betalingswyse is beskikbaar, EFT, kredietkaart, tjek- debietkaarte, SnapScam of premietarief sms teen R30 per sms. Van Zyl sê ook dat Hans van der Merwe, voormalige Uitvoerende Direkteur van Agri SA, gekontrakteer is om behulpsaam te wees met die bestuur van die fonds en die aanwending daarvan deur provinsiale organisasies.    “Hierdie inisiatief vorm deel van ‘n meer omvattende poging in samewerking met verskeie belanghebbendes.

 Hierdie proses word tans op verskeie vlakke gedryf”, aldus Van Zyl.  “Ons doen weereens ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om die vermelde fonds te ondersteun.  Sonder hierdie welwillendheid sal ons uiteraard nie impak kan maak op ‘n droogte situasie wat tans werklik veeleisend is nie