Geen tyd vir politiek nie, red die ekonomie en ons land!




Verder sal die COVID-19-pandemie op die ekonomie die Suid-Afrikaanse ekonomie, maar ook die streek- en wêreldekonomie verswak.

Moody’s is korrek in sy waarneming dat aksies wat deur die staat in die vooruitsig gestel word om strukturele hervormings te implementeer en aksies wat daarop gemik is om die ekonomie te groei, geen betekenisvolle uitwerking gehad het nie.

Die obsessie om 'n sukkelende staatsbeheerde onderneming soos die SAL te 'red', en die halfhartige benadering om swak beheerde en bestuurde ondernemings in staatsbesit om te draai, 'n aanduiding is van die regering se onvermoë en onwilligheid broodnodige strukturele hervormings uit te voer.

Die Suid-Afrikaanse ekonomie kan nie meer gyselaar gehou word deur vakbonde nie, politieke faksies binne die regerende party en ondeurdagte regeringsbeleide wat meer onsekerheid en skade aan die ekonomie veroorsaak nie.

Agri SA doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa en die Minister van Finansies, Tito Mboweni om die bul by die horings te pak en maatreëls in werking te stel om staatskuld onder beheer te bring, om besparingsmaatreëls in te stel, die SAL en ander SOE's wat swak presteer van die hand te sit, die salarisrekening van die regering drasties af te skaal en om gebrekkige dienslewering deur staatsdepartemente en plaaslike regeringsentiteite vas te vat.

Moody’s  beraam dat SA se skuldlas in die 2023 finansiële jaar 91% van die BBP sal behels. Die fiskale posisie van Suid-Afrika word verder in die gedrang gebring deur die COVID-19-pandemie. Volgens navorsing deur Bloomberg Economics sal Suid-Afrika een van tien lande wees wat die ergste deur die koronavirus geraak sal word. China is Suid-Afrika se grootste uitvoermark en die waarde van Suid-Afrikaanse goedere wat in 2019 uitgevoer is, beloop bykans R180 miljard. Nedbank het bereken dat 'n afname van 10% van Suid-Afrikaanse uitvoere na China, BBP-groei met 38 basispunte kan laat afneem.

Die ekonomie is tans op 'n baie slegte plek. En die regering se finansies en die van huishoudings is geweldig onder druk. Die veerkragtigheid van die private sektor en die Suid-Afrikaanse land kan egter die gety laat draai. Agri SA doen 'n beroep op die regering om hand aan hand met die private sektor saam te werk om bevorderlike omstandighede te skep om ons ekonomie te red.

Herroep daarom alle wetgewing of regeringsprogramme wat onsekerheid ondermyn. Wat belegging in die ekonomie en ekonomiese vryheid belemmer. En wat verhoed dat talentvolle Suid-Afrikaners van alle agtergronde in regeringsposisies aangestel word om 'n bekwame staat te help bewerkstellig. Suid-Afrika se ekonomie het almal se bydrae nou dringend nodig.

Ook moet universele menseregte soos eienaarskap versterk en uitgebrei word. Eienaarskap van eiendom beskerm ook ekonomiese menseregte en stel mense instaat om voldoende voedsel te bekom en hongerte te oorkom. Die reg op eiendom is ook van kardinale belang vir ekonomiese ontwikkeling en verseker dat mense hulself van voedsel kan voorsien en hulself en andere kan onderhou. As sodanig is dit 'n strategiese mensereg, 'n reg wat ander regte beskerm.
 
Die vermoë van die kommersiële landbousektor om tydens die COVID-19 inperkingsperiode die land van voedsel te voorsien, onderstreep weereens die belangrikheid van eiendomsreg en die behoefte om dit ten alle tye te eerbiedig en te beskerm. Die landbousektor is egter die sleutel om die ekonomiese uitdagings te bowe te kom. Beleidsekerheid lê die fondament daarvoor.

Die rooi ligte flikker, maar saam kan ons die ekonomie red.

Navrae:
Christo van der Rheede
Agri SA Adjunk-Uitvoerende Direkteur
(S) 083 380 3492