Goeie geleenthede skep gunstige omgewing vir produsente – Francois Strydom

  • 10 September 2020
  • 2165
  • nuus



Volgens Francois is die Senwes Groep goed geposisioneer om primêre produsente in hierdie tyd by te staan en hy is van mening dat die groep se strategiese fokus van hom ʼn sleutelspeler in die agri-waardeketting maak. “Ons fokus begin en eindig by die kliënt, en ons besigheid verteenwoordig ʼn dinamiese konsolidasieplatform met die uitsluitlike doel voor oë om waardetoevoeging te verseker,” verduidelik Francois.

Hy meen voorts dat die landbousektor én die ekonomie in geheel tans gekenmerk word deur faktore soos likwiditeit wat besig is om op te droog, die beprysing van finansiering wat duurder raak en beperkende kapasiteit. In die lig hiervan is die Senwes Groep besig met ʼn strategiese belyingsproses na die mees onlangse aandeelhoudingstransaksies met onder meer Suidwes en KLK. Ander projekte wat van belang is, is die ontbondeling van Hinterland en funksionele skuiwe binne die groep se marktoegangsbesighede. Laasgenoemde sal, volgens Francois, tot verbeterde dienslewering aanleiding gee.

Veerkragtigheid gedurende die koronaviruspandemie

Behalwe vir die gunstige markomgewing, meen Francois voorts dat die landbousektor sterker is na afloop van die koronaviruspandemie. As ʼn sektor het veerkragtigheid en aanpasbaarheid die botoon gevier en produktiwiteit het in baie opsigte verwagtinge oorskry. Volgens Francois is belangrike besigheidslesse ook binne die Senwes Groep geleer. Hierdie lesse sluit onder meer in ʼn groter dryf vir samewerking, die gebruik van slim tegnologie, ʼn hernieude fokus op innovasie en die vermoë om te herstruktureer ten einde mededingendheid te verseker.