Goeie trekkerverkope in Januarie

  • 11 Februarie 2022
  • 1011
  • nuus



Daar is vanjaar 559 trekkers gedurende Januarie verkoop, 20% meer as die 465 in Januarie verlede jaar. Vier stropers is verkoop, een minder as Januarie verlede jaar.

Volgens Karel Munnik, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie, dui aanvanklike aanduidings, gegrond op die oesskattingskomitee se voorlopige skattings vir mielie-aanplantings, dat die grootte van die huidige mielie-oes soortgelyk aan verlede jaar se oes sal wees. In die lig hiervan toon beramings dat trekkerverkope vanjaar soortgelyk aan verlede jaar se verkope sal wees. In die geval van stroperverkope word ʼn daling van 10% in aankope verwag.