Goeie trekkerverkope vir 2021 voorspel

  • 22 Januarie 2021
  • 1873
  • nuus



Die assosiasie het onlangs, by wyse van ʼn persverklaring, die verkoopstatistiek vir trekkers en stropers vir Desember 2020 bekend gemaak. Volgens dié verklaring is trekkerverkope van 432 eenhede aangeteken, 24% meer as die 349 eenhede wat verlede in Desember 2019 verkoop is. Vir die volle kalenderjaar het trekkerverkope met byna 9% gestyg teenoor die 2019-kalenderjaar.

Drie stropers is verkoop, en stem ooreen met die hoeveelheid wat in Desember 2019 verkoop is. Vir die hele kalenderjaar het stroperverkope met 25% of ʼn jaargrondslag toegeneem.

Hierdie goeie verkoopstatistiek kan volgens die assosiasie toegeskryf word aan die positiewe marksentiment danksy goeie oeste, gunstige kommoditeitspryse en bevorderlike neerslae in die meeste gebiede.