Hinterland Fuels | Brandstofbeloningsprogram

  • 01 April 2022
  • 1185
  • nuus



Die brandstofprys in Suid-Afrika is tans op ʼn rekordhoogte en met meer mense terug op die paaie ná die koronavirus-onderbreking, is besparings by die petrolpomp des te meer belangrik. Met dit in gedagte het Hinterland Fuels en Agri Credit Solutions (ACS) bymekaar gekom om terug te gee aan hul gewaardeerde klante.

Deur 'n dinamiese samewerkingsooreenkoms tussen Hinterland Fuels en ACS, kan jy as gewaardeerde klant nou kwalifiseer vir 'n maandelikse afslag op brandstof, gekrediteer op jou ACS genomineerde rekening. Geregistreerde klante kan tot 40 sent per liter verdien, afhangend van die hoeveelheid brandstof wat maandeliks by alle deelnemende Hinterland Fuels-takke aangekoop word.

Na jy jou One-Agri-profiel vir die ACS-brandstofbeloningsprogram  geregistreer het, is brandstof stort so maklik soos om jou Suid-Afrikaanse bestuurderslisensie by enige Hinterland Fuelstak te skandeer wanneer jy op jou rekening koop.

Rekeninghouers kan boonop ook ander gebruikers koppel, soos 'n gade of hul kinders.

Met die bekendstelling van die beloningsprogram het Hinterland Fuels en ACS verskeie "Hoe om"-video's vrygestel om kliënte te help met aspekte soos registrasie en bestuur van hul brandstofrekeninge. Om meer te wete te kom, besoek www.hinterland.co.za.

Registreer nou om afslag te verdien op elke liter petrol of diesel wat gekoop word. Hinterland Fuels, herontdek dit wat saak maak!