Hou jou oë oop vir die volgende Senwes Scenario




In hierdie uitgawe word die areafokus juis op Bothaville gedoen wat volg op die van Kroonstad, Hoopstad, Ventersdorp en Hartswater. Die kollig op die produsent val hier op Herbert Bruinette wat in die omgewing boer.

Met die droogte nog nie gebreek nie, gesels ons ook met ons nuwe rubriekskrywer, Carel Botma, oor die stressore op boere soos hy die produsent se posisie vir ons ontleed, en dit val mooi in by die Bothaville tema, siende dat hy ook van Bothaville is.

Ons hou aan met ons insetsel oor opkomende produsente en hier word op nog ʼn Herbert gefokus met Herbert Mabuza, die mediaman wat sy lyf deesdae produsent hou.

Thys Grobbelaar vertel ons meer oor wat die graanmarkvooruitsigte vir ons inhou en hou ons vasgenael met druppels op die dak met Susari Geldenhuys wat in Safex Scenario’s met Susari ons van “Trending” en “Trading” markte en “Leading” en “Lagging” indikatore.

Verder is ons gebruiklike insetsels daar soos Hoe om jou jaggeweer meer akkuraat te hou, Future Focus, Kos vir die Siel, Slaggate in korttermyn versekering asook Carel Botma se nuwe rubriek, ‘n Boer maak ‘n Plan, en Carl Fourie se Tuinwenke, wat die vorige uitgawe hulle buigings gemaak het. 
O ja en onthou! Hou jou oë oop vir die Grasland tydskrif wat as bylaag sal verskyn met hope inligting oor bekalking.

Die en tonne meer in die volgende Senwes Scenario!