John Deere winkel by Senwes hoofkantoor




Die Groep Onderdelebestuurder: Senwes Equipment, Pieter Redelinghuys, wat met die opening voorspel het dat die winkel sy potensiaal sal wys, het na die eerste drie maande gesê: “Die winkel doen regtig goeie, gesonde besigheid en het ook reeds alle verwagtinge oorskry. Senwes klante en lede van die publiek het aankope begin doen by die winkel en ons mikpunt is om steeds nog meer klante te trek. Verskeie van ons hoofkantoorpersoneel en buitepersoneel het ons ook al ondersteun.”
 
Voorraad word aangevul
Die tak se voorraad is ook onlangs aangevul met die nuutste John Deere kamoefleerreeks. Winkelassistent, Carisna Herbst, vertel dat hulle drie verskillende John Deere kamoefleerbaadjies in voorraad het, naamlik die reënjas-tipe ‘hoodie’ en die warmer “softshell”-baadjie. Daarby het hulle ook ʼn hele reeks  pette in die kamoefleerreeks. Herbst het ook beaam dat hulle in hul noppies is met die groei van die John Deere winkel met personeel en besoekers, sommige van heinde en ver, wat die winkel gereeld ondersteun.
 
Bykomend het daar ook pas nuwe stylvolle horlosies uit Duitsland gearriveer, wat die produkreeks nog verder aanvul. Vir die kleinspan is daar ook lekker speelgoed soos klimtolle, kindersakkies, plakkies en vele meer.
 
Winkelure
Die winkel sal voortaan steeds op weeksdae vanaf 10:00 tot 15:00 oop wees.