Kiwibessies bied gulde geleentheid aan SA produsente

  • 26 Maart 2021
  • 1888
  • nuus



Volgens Wouter le Roux, eienaar van die varsprodukte-uitvoermaatskappy It’sofresh, is daar tans slegs een kiwibessieverbouer in Suid-Afrika.

Nismark bied geleenthede aan plaaslike produsente

Le Roux meen verder dat hierdie nismarkproduk ʼn groot geleentheid aan plaaslike produsente bied, mits goeie gehalte verseker kan word. Dié voorvereiste beteken dat kwekers onder meer infesteer in infrastruktuur soos pakhuise, koelkamers en effektiewe vervoergeriewe.

Volgens Danie Meyer, eienaar van Nooyenskopje-plaas in Magoebaskloof in Limpopo, verteenwoordig die kiwibessie-nismark ʼn baie klein, maar ontwikkelende mark. Op dié plaas word daar tans 1 hektaar kiwibessies verbou, terwyl ʼn verdere 1,5 hektaar binne die volgende paar jaar in volle produksie sal wees. Die gemiddelde opbrengs gedurende die afgelope drie jaar het gewissel tussen 2 en 3 ton waarvan die grootste gedeelte vir die Europese mark bestem was.

Op Nooyenskopje-plaas word daar drie variëteite verbou: Thai, Wha en Rua.

Meer oor kiwibessies

  • Die kiwibessie (Actinidia arguta) is oorspronklik inheems aan Oos-Asië, maar word ook verbou in lande soos Frankryk, Italië, Portugal en in ʼn mindere mate, Duitsland.
  • Verbouing vind in kouer klimaatstreke plaas, terwyl die grootte van die vrug, en die delikaatheid van die skil, die produksieproses baie arbeidsintensief maak.
  • Die vrug weeg tussen 5 en 20 gram.
  • Kiwibessies het ʼn hoë vitamien C-en E-inhoud terwyl dit ook ryk is aan foliensuur en minerale soos kalsium en kalium.