Konsepriglyne vir die verskeping van lewendehawe onder die loep




Die konsepriglyne het dit ten doel om sorgstandaarde daar te stel ten einde die welstand van diere tydens verskeping te waarborg en te verseker dat diegene betrokke by die verskeping volle verantwoordelikheid vir die diere aanvaar. Dié voorgestelde riglyne sal die verskeping van lewendehawe in samewerking met die internasionale organisasie vir dieregesondheid (OIE) reguleer.

So reageer die Rooivleisprodusente-organisasie

Volgens Gerhard Schutte, bestuurder van die RPO, ondersteun dié organisasie die handel van lewendehawe vir slagdoeleindes mits dit aan internasionale standaarde voldoen. In die lig hiervan bestuur die Rooivleisbedryfsforum (RMIF), waarvan die RPO ʼn lid is, die konsepriglyne aandagtig waarna kommentaar daarop gelewer sal word.

Schutte sê die RPO is baie opgewonde oor die impak van die nuwe riglyne omdat daar aanduidings is dat tot 6% van die plaaslike skaapproduksie uitgevoer sal kan word. “Daar is ook potensiaal vir die uitvoer van bokke en beeste. Ons wil hê dat hierdie handel volgens spesifieke riglyne gedoen moet word sodat dit op ʼn volhoubare en deurlopende wyse kan geskied,” verduidelik Schutte.

Lewer kommentaar

Skriftelike kommentaar op die nuwe konsepriglyne kan tot en met 30 April 2021 gelewer kan word. Die konsepriglyne is beskikbaar by: https://bit.ly/3n9Hllo en kommentaar kan gestuur word na VPH@Dalrrd.gov.za