Kroonstadtak kry spesiale besoekers vanuit Namibië




‘n Paar produsente van die Grootfontein Boerevereniging naby Tsumeb in ons buurland onder leiding van Jan Keyser het op die dag ‘n vinnige besoek aan die tak gebring.

Vir die wat wonder, Tsumeb is verby Mariental en Windhoek tot ver anderkant Otjiwarongo naby die Etosha Nasional Park, of sowat 20 ure se aaneen gery aan 2 000km vanaf Kroonstad in die Vrystaat.

Takbestuurder, Gebruikte Heelwerktuie en Uitvoere, Theuns Botha vertel hulle was geëerd om ‘n besoek van hierdie nege boere te ontvang. Hy noem dat tydens hulle besoek was daar ook verskeie moontlike verkope wat uit die dag gespruit het. Die produsente was ook hier in ons mooi land vir ‘n netbal- en rugbytoer met hul vrouens en kinders wat hulle vergesel het.

Op die foto verskyn die Namibiërs Dawie Kok, Wimpie Otto, Jan Hayward, Bennie Boshoff, Jan Keyser, Isak Grobbelaar, Tobie Engelbrecht en Jaco Wahl by die Kroonstadtak. Dankie dat julle ons by Senwes Equipment kom besoek het en ons hoop julle het ‘n veilige reis terug.