Land Bank-wanbetaling kan lei tot finansiële verderf en verwoesting van die landbousektor

  • 24 April 2020
  • 4106
  • press-release



Dit volg nadat Moody’s die bank se kredietstatus op 21 Januarie afgegradeer het. Dit het tóé reeds die bank as “meer riskant” uitgelig, wat toegang tot finansiering moeiliker en duurder gemaak het.
 
Die Land Bank is ‘n belangrike speler in die landbousektor, met ‘n sterk markaandeel van 29% van Suid-Afrika se landbouskuld. Die bank dien ook as ‘n belangrike bron van krediet vir landboubesighede om die inkoop van oeste by silo’s te finansier en vir produksiekrediet wat die bank na boere via landboubesighede kanaliseer.
 
Die landboubedryf is siklies van aard aangesien baie boere nie ‘n vaste of gereelde inkomste het nie en die meerderheid van hul inkomste binne ‘n kort tydperk ontvang (dit verskil afhangend van die bedryf). Toegang tot krediet is noodsaaklik om voorsiening te maak vir kontantvloeibehoeftes (bv. betaling van insette en arbeid) deur die jaar, met boere wat tipies hul skuld vereffen nadat hulle geoes het.
 
Die Land Bank is een van die min staatsondernemings wat winsgewend bly ten spyte van ‘n toename in wanbetaling (droogtes, ens.) en het in 2019 ‘n wins van R181 miljoen aangeteken.
 
Die bank het ‘n belangrike mandaat om te vervul ten opsigte van ontwikkeling, maar is afhanklik van toegang tot finansiering in finansiële markte onderhewig aan kommersiële voorwaardes. Daar is skynbaar ‘n wanbelyning tussen die aandeelhouer (Regering/Nasionale Tesourie) se verwagtinge van die bank en die vlak en tipe befondsing en ondersteuning wat die bank ontvang.
 
Terwyl swak-presterende staatsondernemings reeds herhaaldelik hulppakkette ontvang het, verdien die Land Bank sodanige regeringshulp soveel meer. Die landbou is uiters noodsaaklik vir voedselsekerheid en die breë ekonomie van Suid-Afrika. Die sektor staan ook gereed om te help met die herstel van die ekonomie na afloop van COVID-19.
 
Die regering moet nou die nodige leierskap en visie toon met dringende hulp aan die landbousektor om die Land Bank se huidige wanbetalingskrisis aan te spreek. Dit sal help om die Land Bank, asook die landbousektor, te posisioneer vir groei en sodoende die herstel van die breër ekonomie ondersteun.
 
Ondergang van die Land Bank kan die land blootstel aan ‘n geweldige sistemiese risiko, met erge gevolge vir kommersiële boere, werkskepping en voedselsekerheid, en moet dus ten alle koste vermy word.
 
Ons moedig die Land Bank-raad en Nasionale Tesourie aan om konstruktief met Land Bank-kliënte en landboubefondsers saam te werk ten einde die sistemiese risiko te verminder.
 
Navrae:
Nicol Jansen
Voorsitter: Agri SA Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie & Handel
(S) 082 948 2629
 
Dr Requier Wait
Hoof: Agri SA Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie & Handel
(S) 073 304 0932