Landbousakekamer Agbiz herverkies leierskorps




Die posisie van voorsitter was onbetwis en Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes, sal die sakekamer vir ʼn verdere termyn lei. Hy word ondersteun deur Sean Walsh van Kaap Agri as eerste ondervoorsitter en dr Langa Simela van Absa as die tweede ondervoorsitter.

Koos Janse van Rensburg van VKB en Nico Groenewald van Standard Bank is ook as addisionele lede tot die Agbiz bestuurskomitee herverkies.

Die volgende persone is tot die Agbizraad verkies:

  • Henk Agenbach, Die Koöperasie (Humansdorp).
  • André Uys, Acorn Agri.
  • Frans van Wyk, Agrifusion.
  • Jannie van Heerden, Farmwise.
  • Piet Smit, Komati-groep.

Die lede van die Oudit- en Risikokomitee – Frans van Wyk van Agrifusion, André Uys van Acorn Agri en Stefan Oberholzer van OVK – sal ook vir nog 'n termyn in die komitee dien.

Volgens Agbiz se Hoof Uitvoerende Beampte, dr John Purchase, bied dié herverkiesing van die leierskorps groot gerusstelling veral gegewe die feit dat hy aan die einde van 2021 die tuig sal neerlê.