Landbousensus-uitslae op ‘n kritieke tyd bekendgestel

  • 25 Maart 2020
  • 2693
  • persverklaring



Dit sluit in aspekte soos infrastruktuur, dienste, behuising, finansies en werksgeleenthede.  CoCA 2017 is dus baie belangrik vir boere asook die landboubedryf, en nou selfs meer só in die konteks van COVID-19.
 
Die voorlopige resultate van CoCA 2017 bevestig die belangrike rol wat hierdie sektor in die Suid-Afrikaanse ekonomie en ons samelewing speel. Dit bied ‘n bondige oorsig van tendense rondom die landbou se rol as voorsiener van voedsel en vesel en die strukturele veranderings wat waargeneem kan word te midde van veranderings in die plaaslike beleidsomgewing asook in die globale mark.
 
Dit is belangrik om in ag te neem dat hierdie sensus onvolledig is, aangesien dit nie die landbouspektrum in geheel dek nie. Byvoorbeeld, dit sluit nie inligting oor die voormalige tuislande, bestaansboerdery en grondhervormingsbegunstigdes in nie. Hierdie resultate dek slegs die kommersiële landbousektor se 40 122 kern boerdery-eenhede, daarom bly dit steeds moeilik om ‘n volledige evaluasie van bydraes en tendense te doen ten opsigte van die hulpbronne wat hier uitgelaat is en wat verhandel word tydens die transformasieproses.
 
Die sleutel bevindinge[2] wat deur Stats SA uitgelig word, sluit die volgende in:
  1. Die grootste persentasie plase was benut vir diereproduksie (13 639 plase of 33,9% van die totaal), gevolg deur gemengde boerdery (12 458 of 31,1%) en die produksie van grane en ander gewasse (8 559 of 21,3%).
  2. Die provinsie met die hoogste getal plase in 2017 was die Vrystaat (7 951 plase of 19,8% van die nasionale totaal), gevolg deur die Wes-Kaap (6 937 of 17,3%), Noordwes (4 920 of 12,3%) en die Noord-Kaap (4 829 of 12,0%).
  3. Oor dieselfde tydperk, het gemengde boerdery die grootste persentasie verlies gely (4,1 persentasiepunte, van 32,7% na 28,6%).
  4. Die provinsies met die grootste aanwas in hul persentasie van nasionale inkomste tussen 2007 en 2017 was Limpopo (+2,0 persentasiepunte, vanaf 7,4% tot 9,4%), Gauteng (+1,9 persentasiepunte, vanaf 7,8% tot 9,7%) en die Oos-Kaap (+1,5 persentasiepunte, vanaf 6,6% tot 8,1%). Die Wes-Kaap het die grootste persentasie van hul deel van die nasionale inkomste verloor (-2,4 persentasiepunte, van 21,7% na 19,3%).
  5. Die totale getal persone wat in die kommersiële landbousektor in diens was op 30 Junie 2018 beloop 757 628 – ‘n afname van 769 594 sedert 28 Februarie 2007 (1,6%).
  6. Wat werksgeleenthede betref, was tuinbou die belangrikste kommersiële landbou-aktiwiteit in 2017 (268 740 werknemers of 35,5% van die totaal), gevolg deur gemengde boerdery (185 863 of 24,5%) en diereproduksie (162 116 of 21,4%).

Agri SA is bewus van Stats SA se vertroulike hantering van respondente se inligting en het sy volle ondersteuning deur sy affiliasies en kommersiële boere gebied en hul aangemoedig om hul vorms so volledig en tydig as moontlik in te dien.
 
Agri SA wil graag sy lede bedank vir hul deelname om te verseker dat nuttige resultate goeie besluitneming kan steun. Ons wil ook Stats SA bedank vir hul harde werk en toewyding om ‘n sukses van die sensus te maak.

[1] Vraelyste is vir die finansiële jaar geëindig op datums 1 Maart 2017 en 28 Februarie 2018. Die vorige sensus was vir 2007.
[2] Stats SA. (2020). Key findings: Census of Commercial Agriculture, 2017: Financial and Production Statistics. Available online:
www.statssa.gov.za.
 

Navrae:
Dr Requier Wait
Hoof: Agri SA Sentrum van Uitnemendheid: Ekonomie & Handel
(S) 073 304 0932