Meer trekkers tot dusver verkoop

  • 12 Maart 2021
  • 1885
  • nuus



Gedurende Februarie vanjaar is 648 eenhede verkoop teenoor die 505 eenhede wat gedurende dieselfde tyd in 2020 verkoop is. Trekkerverkope vir die jaar tot dusver is ook 28% meer as die verkope verlede jaar.

In terme van die verkoopsyfers vir Januarie, is 445 eenhede verkoop teenoor die 348 eenhede wat gedurende dieselfde tyd in 2020 verkoop is.

Marksentiment bly positief en goeie algemene oeste, goeie kommoditeitspryse en gunstige reënval in die meeste produksiegebiede dra hiertoe by.

Volgens die assosiasie bly die vooruitsigte goed oor die kort-tot mediumtermyn en is aanvanklike ramings vir die 2021-kalenderjaar baie bemoedigend, met verkope wat waarskynlik tot 15% hoër sal wees as in 2020.

Die uitvoerende hoof van Agfacts, Jim Rankin, het vroeër vanjaar in reaksie op die goeie trekkerverkope gesê dat verkope toeneem omdat produsente met vertroue in hul toekoms belê. Hy het hierdie vertroue toegeskryf aan ʼn kombinasie van goeie reënval en goeie kommoditeitspryse. Volgens Rankin is die meeste trekkerverkope in die somer-en wintergewasstreke aangeteken waar grotendeels met druiwe, graan en vrugte geboer word.