Moenie in die avokado-strik gevang word nie

  • 12 Februarie 2021
  • 2020
  • nuus



Volgens Derek Donkin, uitvoerende hoof van die vereniging, is daar tans ʼn groot tekort aan avokado’s in die mark, juis omdat die seisoen nou eers aanvang neem. Hierdie tekort gee aanleiding tot hoër pryse.

Hy verduidelik dat dit egter ook aanleiding gee dat “gewetenlose” produsente onvolwasse vrugte wat nog nie behoorlik ryp is nie oes, en verkoop én dat kansvatters vrugte vanuit boorde steel en dan daarmee smous.

Verbruikers moet veral fyn besin as hulle die Fuerte-variant aangebied word, hetsy by smouse of padstalletjies. Dié variant sal waarskynlik nog nie ryp wees nie en omdat daar slegs ʼn handjievol buite-seisoen kwekers is. Nog ʼn nuttige wenk is om te let of daar nog ʼn steel aan die vrug is. Die teenwoordigheid van ʼn klein stingel of stompie is ʼn aanduiding dat die vrug behoorlik geoes is. As daar geen stingel of stam sigbaar is nie, is die vrugte na alle waarskynlikheid gesteel.

Interessante feite oor avokado’s

  • ʼn Avokado is ʼn vrug, en het sy oorsprong in die suidelike deel van Sentraal-Amerika.
  • Avokado’s staan in die volksmond bekend as ‘krokodilpere’ vanweë die growwe groen skil.
  • Mpumalanga en Limpopo is die grootste produseerders van avokado’s in die land.
  • Ongeveer 90 000 ton avokado’s word jaarlik in Suid-Afrika geoes.
  • Suid-Afrika is een van die wêreld se voorste produserende lande wat betref avokado’s en die tweede grootste uitvoerder na Europa.
  • Die gewildste soorte avokado’s is Fuerte en Hass. Ander kultivars wat plaaslik verbou word sluit in Edranol, Ryan en Pinkerton.