Nasie in Gesprek spog met nuwe toepassing




Gebruikers kan intyds alle besprekings op die toepassing volg, hul opinies lig oor wat bespreek word en ook vrae direk aan die ateljee rig wat die aanbieder dan met sy gaste kan bespreek. Beleef dit asof jy elke dag op Nampo Park in die Nasie in Gesprek ateljee kan wees! 
 
Ook maak die toepassing seker ieder en elk is op hoogte van aktuele landbousake met die nuutste persverklarings en inligting rondom die tye, paneelgaste en onderwerpe wat bespreek gaan word. Voorsiening is gemaak vir gaste om tydens Nampo op wifi aan te teken en daar sal ook intydse kommentaar op al die gesprekke gepubliseer word.
 
Laai die toepassing nou af en dagboek jou gunsteling gesprekke.