Nasionale rekordprys vir drie-in-een-koei behaal

  • 13 Augustus 2021
  • 1442
  • nuus



Landbouweekblad berig dat dié koei aan kopers in die Mookgophong-omegwing (Naboomspruit) verkoop is.

Nog ʼn rekord spat

Die verkoop van ʼn bul (BH 16 76 Ronaldo) vir R1 miljoen aan Iminathi Ranch, het gesorg vir ʼn persoonlike rekord vir Hurwitz Farming. Volgens die kopers van dié bul is daar reeds drie van Ronaldo se kalwers op hul plaas en was dit ʼn maklike en ʼn voorhandliggende keuse om hom tot hul eie kudde te voeg.

Volgens Simeon Hurwitz, van Hurwitz Farming, het die onlangse veiling goed afgeloop en dit was sonder twyfel die groep se suksesvolste tot dusver. Hy meen dié geesdrif en elektriese atmosfeer wat tydens die veiling aanwesig was, die waarde wat die veebedryf aan die Boran-beesras heg beklemtoon.

Die pryse op die veiling was:

  • 18 dragtige verse teen gemiddeld R77 778 met ʼn hoogste prys van R320 000.
  • ʼn Speenkalwer teen R38 000.
  • Ses dragtige koeie teen ʼn gemiddeld van R80 000 met ʼn hoogste prys van R150 000.
  • Vyf koeie met kalwers teen gemiddeld R146 000 met ʼn hoogste prys van R380 000.
  • Tien drie-in-een-koeie teen gemiddeld R164 200 en met ʼn hoogste prys van R650 000 (nasionale rekord).
  • Tien bulle teen gemiddeld R299 000 en met ʼn hoogste prys van R1 miljoen.
  • Twaalf strooitjies semen van die bul Picasso is teen R16 000 elk van die hand gesit.