Nat toestande nog lank nie verby nie

  • 04 Maart 2022
  • 1061
  • news



Reënvooruitsigte vir die komende week

Toestande vir reën verbeter vandeesweek oor die sentrale en oostelike dele van die land, terwyl die westelike dele van die naweek af reën kan kry. So meen Johan van den Berg, onafhanklike landbouweerkundige.

Volgens Van den Berg word van 20 mm tot 40 mm reën vir vandeesweek en die naweek oor die oostelike dele van die Noord-Kaap, die Vrystaat, Gauteng, Mpumalanga en KwaZulu-Natal voorspel. Reën sal aanvanklik oor die oostelike en sentrale dele begin voorkom, en teen Vrydag meer weswaarts uitbrei.

Minder as 20 mm kan voorkom oor bykans die res van die land met die minste reën oor die verre noordelike dele van Limpopo en die westelike dele van die Noord-en Wes-Kaap. Goeie neerslae van tot 50 mm is moontlik oor die sentrale tot noordelike dele van Namibië vanaf ongeveer 5 tot 12 Maart.

Gedurende hierdie tyd sal bewolkte toestande veroorsaak dat maksimum temperature redelik sal daal oor veral die somerreëngebied.

Vanaf 12 en 20 Maart word ʼn droër tydperk weer voorspel.