SAVPO-leier meen varkvleisbedryf is toekomsfiks

  • 04 September 2020
  • 2193
  • nuus



Hy het voorts gesê dat die bedryf ‘n tydperk van groot teenstrydigheid agter die rug het. Aan die een kant het die bedryf goeie jaar op jaar-groei geniet terwyl dit aan die ander kant gebuk gegaan het onder uitdagings soos listeriose, bek-en-klouseer en Afrika-varkpes.

Johann het tydens ‘n onlangse webinar gesels oor die stand van die bedryf, in ag genome die impak van die koronaviruspandemie.

Krisistye maak bedryf sterker

Volgens Johann is die veerkragtigheid van die varkvleisbedryf grotendeels te danke aan die lesse wat tydens vorige krisistye geleer is en die voorsorgmaatreëls wat gevolglik in plek gestel is. Hierdie lesse het veral betrekking op biosekuriteitsmaatreëls, voedselsekuriteit en die varkvleiswaardeketting.

Hierdie waardeketting het vroeër vanjaar onder die loep gekom tydens ‘n aflewering van die aanlyn gespreksforum, die Agricultural Value Chain (AVC) Virtual Discussion Series. Tydens hierdie gesprek het Johann verduidelik dat die varkvleiswaardeketting baie potensiaal het en dat ‘n groter begrip veral nodig is in terme van die informele marksegment. “Sodra ons hierdie segment se verbruikersgedrag en verkoopspatrone beter verstaan, sal ons selfs groter waarde aan gebruikers kan bied,” sê Johann. Hy voeg by dat die oorhoofse doelwit is om aan die Suid-Afrikaanse mark se behoeftes te voldoen en om groter voedselsekerheid te verseker. In hierdie opsig het die koronaviruspandemie die fokus opnuut op plaaslike produkte laat val en is die bedryf goed geposisioneerd om ‘n bydrae te lewer.