Senwes beloon sy lojale klante




Dié vrywillige skema kan vir deelnemende klante wat hulle graan by Senwes se silo’s lewer, ‘n addisionele bedrag per ton in die sak bring vir alle grane en oliesade wat in die 2016/2017 oesseisoen gelewer word. 
 
Die bonus sal finaal op 30 April 2017 bereken word en sal jaarliks akkumuleer in die mate wat die klant besigheid met Senwes doen. Indien die skema op die vorige jaar toegepas sou word, sou klante soveel as R54/ton verdien het op graanlewerings.
 
“Senwes fokus veral op sy klantebasis in hierdie moeilike tye en die uitdaging was altyd daar om ‘n balans te kry tussen alle belanghebbendes, maar veral tussen klant en aandeelhouer. Die fokus van die program is om ‘n noemenswaardige belegging terug na die klantebasis te maak en sodanig ‘n stewige ‘fonds’ op te bou, gebaseer om die hoeveelheid besigheid wat met Senwes gedoen word. Volhoubare klante sal volhoubare aandeelhouerswaarde skep”, het Danie Minnaar, Senwes Voorsitter opgemerk.
 
“Alhoewel ons die AgriRewards vir hierdie 2016/2017 seisoen net beskikbaar stel vir alle graanklante, beoog Senwes om dit mettertyd tot voordeel van alle ander klante in ander besigheidseenhede van die Senwes groep te kan aanbied”, het Francois Strydom, Hoof Uitvoerende Beampte van Senwes bygevoeg.
 
Die gebruiksvriendelike uitgestelde bonusskema sal op elektroniese platforms maklike registrasie en toegang vir klante bied, onderhewig aan die aanvaarding van die terme en voorwaardes daarvan. Die basis van die AgriRewards voordele en deelname deur ander besigheidseenhede in die toekoms sal jaarliks deur die direksie bepaal en afgekondig word. Klante sal ook die opgelope bonusvoordele kan aanwend as sekuriteit vir addisionele kredietfasiliteite by Senwes Credit en sal sodoende hul beleggings optimaliseer.
 
Al wat klante wat wil deelneem hoef te doen om vir die AgriRewards in aanmerking te kom, is om die maklike registrasieproses te volg. Om te registreer besoek net die volgende skakel: www.agrirewards.co.za. Meer besonderhede sal ook hier beskikbaar wees.