Senwes loods 'AVC Food Umbrella'

  • 15 Mei 2020
  • 2216
  • press-release



Ter ondersteuning van Agbiz se Voedselverligtingsprojek, het Senwes as drywer opgetree deur ander groot rolspelers in die landbousektor aan te moedig om bydraes tot hierdie saak te maak. Die doel van die inisiatief is om die gebrek aan voedsel en desperaatheid wat in arm gemeenskappe ervaar word, waar die vernietigende effek van die grendeltyd baie meer algemeen gaan wees, aan te spreek.

Die ‘AVC Food Umbrella’ kan as die voertuig beskou word wat 'voedsel vanaf die boer' verkry en samewerking verseker tussen primêre produsente, landboubesighede, logistieke maatskappye, verwerkers en distribusiesentrums ten einde 'n gesamentlike doel te bereik, naamlik om uit te reik na gemeenskappe wat gedestabiliseer is deur die effek van die pandemie.

Senwes doen derhalwe 'n beroep op produsente wat boerdery bedryf in gemeenskappe wat by hierdie inisiatief sal baat vind, om 'n paar ton van hul oes aan hierdie verdienstelike saak te skenk. Wanneer produsente donasies aan die AWV Sambreel rekening maak, sal Senwes se silo's die mielies gratis ontvang, hanteer en opberg. Senwes se logistieke filiaal, Grainovation, sal die vervoer borg en die mielies vanaf die silo na die meule vervoer.  Die meulens sal die mielies gratis maal en verpak, waarna Senwes die verspreiding van die mielies na ouetehuise, voedselskemas en plaasskole sal fasiliteer.

“Konserwatief geskat, sal Suid-Afrika binnekort sy tweede grootste mielieoes van ongeveer 15,5 miljoen ton begin oes, danksy 'n geseënde produksieseisoen. Teen 'n gemiddelde prys van R2 700 per ton, sal die produksiewaarde meer as R40 miljard beloop. Gedurende 'n tyd van uiterste ontbering vir baie mense, kan die bedryf 'n beduidende rol speel in die stabilisering van die gemeenskap en om voedsel te verskaf aan die armstes van die gemeenskap gedurende die pandemie, wat waarskynlik vir 'n verdere agt tot tien maande kan duur", volgens Karen Grobler, Agbiz Bemarkings- en Kommunikasiebestuurder.

Maak 'n bydrae tot hierdie saak deur mielies te lewer by enige Senwes Grainlink silo op leweringsnommer 418668. Ander bydraes buite hierdie spektrum, kan gemaak word deur na die AWV Voedselsambreel webtuiste te gaan by www.senwes.co.za/avc-food-umbrella.

EINDE

Navrae: Francois Strydom
Hoof Uitvoerende Beampte
Tel: +27 18 464 7115
francois.strydom@senwes.co.za
www.senwes.co.za