Senwes presteer in uitdagende makro-ekonomiese toestande

  • 03 Julie 2020
  • 2291
  • persverklaring



“Die goeie prestasie kom in ‘n baie uitdagende jaar met aansienlik laer somergraanaanplantings weens die laat reën. Laat aanplantings het beperkings op die kwaliteit van mielies geplaas en gevolglik was die marktoegangsbesigheid onder druk,” het Francois Strydom, Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte gesê. Strydom het bygevoeg dat die laer graanvolumes ‘n negatiewe impak op alle betrokke partye regdeur die graanwaardeketting het en dat kontantvloeidruk en beperkte kapitaalspanderingsvermoë sigbaar was. Gevolglik het die kontant gegenereer uit bedryfsaktwiteite met 5% na R545m gedaal in vergelyke met die vorige jaar se R575m.

Ander finansiële hooftrekke is ‘n 78,7% styging in omset tot R4,8mjd en ‘n finale dividendverklaring van 30 sent per aandeel. Die netto batewaarde van die groep het met 7,2% verhoog en die totale aandeelhouersopbrengs (aandeelprysgroei plus dividende) vir die finansiële jaar geëindig 30 April 2020, beloop 5,5%.

Die Senwes Groep het gedurende die jaar daarin geslaag om 'n 57,7% aandeel in KLK Landbou Beperk te bekom en sy risiko's ten opsigte van sy landboutoerustingsportefeulje te verminder deur die toevoeging van Falcon Agricultural Equipment ter uitbreiding van die Senwes Equipment voetspoor. Verder het Senwes ook die oorblywende 50% aandeel in Grainovation gedurende die jaar bekom, ten einde sy dienslewering ten volle met sy silobedryf en graanbemarking te integreer.

Vooruitsigte:
Senwes glo dat 'n duidelike strategie, die vermoë om uitvoering daaraan te gee en om balansstaatkapasiteit te bestuur, die onderskeidende faktore sal wees tussen rolspelers. “Ons glo dat ons sektor homself op 'n belangrike oomblik ten opsigte van verandering bevind.” aldus Strydom.

EINDE
Navrae: Francois Strydom
Groep Hoof Uitvoerende Beampte
Tel: +27 18 464 7115
francois.strydom@senwes.co.za
www.senwes.co.za