Senwes vier 112 jaar van impak en vernuwing




Met dié woorde het Francois Strydom, Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Senwes se 112ste bestaansjaar op 15 Mei 2021 ingelui. Deur die loop van 112 jaar het die groep nie net daarin geslaag om die toekoms van die maatskappy te herdefinieer nie, maar ook om die breë Suid-Afrikaanse landbousektor op innoverende en ‘n Senwes-eie manier te beïnvloed ter versterking van die totale landbouwaardeketting.

Die geskiedenis van Senwes kan teruggevoer word na die herfs van 1909, toe 24 produsente bymekaargekom het om die idee van 'n koöperasie in die destydse Wes-Transvaal te bespreek. Na die verwoesting wat in die spoor van die Anglo-Boereoorlog oorgebly het, het die behoefte aan volhoubare graanhantering en saadverwerking op groot skaal posgevat. “As ons terugkyk, was die stigting van die De Centraal Westelijke Co-operatieve Landbouw Vereniging, op 1 Junie 1909, die vonk wat ons maatskappy se besigheidsfilosofie aangesteek het om tot vandag toe oplossings te bied wat ons klante in staat te stel om hul besighede effektief te bedryf,” sê Francois.

Senwes se wortels is stewig in die landbou geanker, en gedurende 2021 kyk dié agri-besigheid terug op ‘n ryk en trotse geskiedenis. Die verhaal van die Senwes-groep is gegrond op ‘n klantgerigte visie en getuig van voortdurende vernuwing en aanpassing van geslag tot geslag. Dit is daarom juis hierdie ingesteldheid op waardetoevoeging wat die hoeksteen van die groep se besigheidstrategie vorm.

Gegewe die verloop van die geskiedenis en die talle uitdagings wat die hoof gebied moes word, meen Francois dat hierdie visie en deursettingsvermoë getuienis lewer van die veerkragtigheid en aanpasbaarheid van Suid-Afrikaners, en meer nog, van die georganiseerde landbousektor.

Volgens Francois kan die sukses van die Senwes Groep nie toegeskryf word aan enkele individue nie, maar eerder aan die volgehoue insette en samewerking van almal binne die groep. Dit sluit personeel, besigheidsvennote, klante, aandeelhouers, verwerkers, produseerders en die groter landbougemeenskap in.