Soja kraai koning en rekordaanplantings word voorspel




Die vorige rekords was onderskeidelik 4, 343 miljoen hektaar die afgelope seisoen en 4, 216 miljoen hektaar in 2000.

Op die keper beskou, toon die voorgenome sojaboon-aanplantings ʼn toename van 16,2% of 150 200 hektaar, teenoor die afgelope seisoen.

Mielies

Volgens die opname beoog kommersiële produsente om ongeveer 2,591 miljoen hektaar mielies vir 2023 te plant. Hierdie voorneme is 1,2% of 32 000 hektaar minder as die vorige seisoen.

In die geval van witmielies beoog kommersiële produsente om 1, 502 miljoen hektaar aan te plant, wat 4,6% of 73 000 hektaar minder is as die vorige seisoen. Wat geelmielies betref, word die verwagte aanplantings op 1, 089 miljoen hektaar geskat, wat 3,9% of 41 000 hektaar meer is as die pas afgelope seisoen.

Sonneblom

In die geval van sonneblomsaad word die verwagte aanplantings beraam op 580 500 hektaar, wat 13,4% of 90 200 hektaar minder is as die 670 700 hektaar van die vorige seisoen.

Ander aanplantings

Die verwagte aanplantings van grondbone sal na verwagting afneem met 20,5% of 8 900 hektaar tot 34 500 hektaar.

Sorghum gaan met 11%  of 4 100 hektaar afneem tot 33 100 hektaar.