Toename in invoere kan die plaaslike landbou-ekonomie benadeel

  • 14 Julie 2020
  • 2407
  • persverklaring



Dit het ‘n toename in uitvoervolumes en lae-waarde markte tot gevolg gehad, wat ‘n potensiële bedreiging vir die Suid-Afrikaanse landbousektor inhou en ook geleenthede skep vir onwettige handel.

“Groot toenames in invoere van gevriesde produkte, soos hoender en aartappels, plaas groter druk op plaaslike boere en het ‘n negatiewe impak op hul inkomste en dié van die mense wat in hul diens is,” waarsku Omri van Zyl, Uitvoerende Direkteur van Agri SA. “Storting kan die groei-vooruitsigte vir een van die land se mees lewensvatbare bedrywe in gevaar stel.”

Terselfdertyd, kan die risiko van invoere onder die verkeerde tarieflyne ook aanleiding gee tot onwettige handel. Dit word vererger deur die risiko van storting en moet teen gewaak word. Dit is uiters noodsaaklik dat handelsregulasies by
toegangspunte afgedwing word om onbillike praktyke te verhoed.

“Boere is prysnemers en, met toenemende druk op hul winsmarges, sal storting katastrofies wees vir menige bedrywe,” sê Van Zyl.

Namate die ekonomie heropen, sal die druk as gevolg van die sluiting van Quick Service Restaurants (QSR) en die gasvryheid- en toerisme-bedrywe tot ‘n mate afneem. Die risiko vir die pluimvee- en gevriesde produkbedryf geld egter steeds. Tydens die inperkingvlakke 5, 4 en 3, het vraag na gevriesde hoender onderskeidelik met 18%, 13% en 7% afgeneem.

“Daarom is ons daartoe verbind om by te dra tot die mededingendheid, veerkragtigheid en lang-termyn ontwikkeling van ons produsente en voorraadkettings, wat tans ongelukkig die risiko loop om ondermyn te word deur voortdurende internasionale stortingspraktyke. Dit is noodsaaklik dat alle bedryfsbelanghebbendes saamwerk om verhoogde voedselsekerheid, die bemagtiging van opkomende boere en die volhoubare groei van die Suid-Afrikaanse landbousektor te verseker, sê Van Zyl.”

Agri SA wil graag met die regering, internasionale handelsvennote en alle belanghebbendes in die waardeketting saamwerk om ons plaaslike mark te beskerm. Om hierdie rede, verwelkom die organisasie die instelling van die nodige maatreëls om billike en etiese handelsaktiwiteite te bevorder.

Navrae:
Omri van Zyl
Agri SA Uitvoerende Direkteur
(S) 082 417 5724