Uitvoerseisoen gunstig vir sitrus - BFAP

  • 25 September 2020
  • 2017
  • nuus



Amerikaanse en Europese verbruikers se al groterwordende behoefte na vitamien C het tot gevolg dat die vraag na Suid-Afrikaanse sitrus skerp toegeneem het tydens die 2020-uitvoerseisoen.

Dit is aldus ʼn verslag deur die Buro vir Voedsel en Landboubeleid (BFAP). Volgens die verslag het uitvoervolumes tydens die tweede kwartaal sterk toegeneem, met onder meer 33% vir lemoene, 43% vir sagte sitrus (nartjies, satsumas en clementines) en 44% vir suurlemoene en lemmetjies. Gegrond op hierdie postiewe groei, word dit alom verwag dat die landbousektor goed op koers is om ook ʼn gunstige derde en vierde kwartaal te beleef.

Volgens Justin Chadwick, Hoof Uitvoerende Beampte van die Suid-Afrikaanse Sitruskwekersvereniging (CGA), word vanjaar se sitrusuitvoer op 147 miljoen bokse (van 15kg elk) gestel. Hierdie benadering is reeds 15% meer as die uitvoere gedurende die 2019-seisoen. Die uitvoermark het ʼn inkomste van R19 biljoen vir die sektor in 2019 verseker en volgens Justin sal die omvang van die 2020-seisoen se inkomste eers teen April 2021 bekend wees.

Volgens BFAP is Spanje die wêreld se grootste uitvoerder van sitrus, gevolg deur Suid-Afrika in die tweede plek.