Verbruikers dok meer op vir aartappels

  • 23 Oktober 2020
  • 2178
  • nuus



Hierdie prysstyging verteenwoordig, volgens Aartappels Suid-Afrika (ASA) se uitvoerende beampte – dr André Jooste, die hoogste styging sedert 2016 toe ʼn 10kg sak aartappels teen R63 verhandel het. Die land was toe in die greep van ʼn knellende droogte en gevolglik het die prys van aartappels die hoogte in geskied. Dr Jooste verduidelik dat vanjaar se prysstyging toegeskryf kan word aan ‘n swakker aartappel-oes nadat die Limpopo provinsie, waar die meeste van die land se aartappels verbou word, ‘n uitermatig koue winter beleef het. Jooste verduidelik dat uitermatige temperature, soos ervaar is tydens die wintermaande én soos tans die geval is met die heersende hittegolftoestande, ‘n groot impak het op oeste.

Gegewe die swakker oes, is daar gevolglik 17% minder aartappels aan die plaaslike varsproduktemarkte gelewer tydens die voorseisoen.