Verbruikers dok meer op vir kos in Desember




Volgens StatsSA het inflasie in die kategorie vir kos en nie-alkoholiese drankies tussen September en Oktober met 1,4% gestyg. Hierdie styging verteenwoordig ʼn jaarlikse toename van 5,4% wat die grootste styging in dié kategorie sedert September 2017 is.

Die grootste jaarlikse prysstygings het in die volgende kategorieë voorgekom: vrugte (13,9%), olie en vette (9,7%), suiker, lekkers en nagereg (9,7%), melk, eiers en kaas (6,5%) en vleis (6%). Met die uitsondering van brood en graankos, het al die ander kos kategorieë met meer as die oorhoofse inflasiekoers gestyg.Op die keper beskou, is selfs ʼn koppie koffie of tee nou duurder as ʼn jaar gelede. Die prys van volroom-langlewemelk het met 8,1% gestyg, die prys van suiker met 13% en die prys van rooibostee met 3,3%. Met die munisipale water-en elektrisiteitstariewe wat sedert Julie met 6% toegeneem het, betaal verbruikers nou ook meer om ʼn koppie water te kook.