Voerinname in die voerkraal




Die kritiese faktor vir beesproduksie
Hoe meer voedingstowwe in die regte verhouding tot die dier se beskikking is, hoe beter sal die dier volgens genetiese potensiaal groei. Voer maak 80 tot 90% van die lopende koste uit en is dus bepalend vir ‘n voerkraalonderneming se winsgewendheid. Dit is belangrik wat en hoeveel diere in ‘n voerkaal vreet.

Droëmateriaal en Soos gevoer (‘As fed’) voer

Dit is nodig om voerkraal voeding op ‘n droëmateriaalbasis (DM) te verstaan. Alle bestanddele van ‘n voer word op ‘n ‘soos gevoer’ (SG) basis gemeng en gevoer wat beteken dit bevat vog wat aansienlik kan varieer. Die geweegde gemiddelde voginhoud van elke individuele bestanddeel sal die gemiddelde voginhoud van die finale voer bepaal. Diere neem voer in volgens hul voedingsbehoefte, geag die onstandighede wat heers, wat deur die DM verskaf word. Die voginhoud maak slegs ‘n bydrae tot waterbehoefte van die dier. Alhoewel teoreties, word beide die voorspelling van vrywillige DM-inname sowel as die formulasie en balans vasn indiwiduele voeding-stowwe in die voer op ‘n droëmateriaalbasis gedoen.

Waterinname

Water is die belangrikste voedingstof as die voedingstof wat siekte en dood die vinnigste sal veroorsaak, in aanmerking geneem word. Water is nodig om die voerin die bek en maag as medium vir verteringsreaksies, nat te maak. Dit is die grootste komponent van die liggaam (50 tot 60%), word as medium die die uitskeiding van oplosbare material in die urine en sweet gebruik. Dus word water se behoefte deur die voersamestelling en die omgewingstemperatuur bepaal.  Bo 0°C is daar ‘n positiewe verwantskap tussen omgewingstemperatuur en waterinname van diere. Hoe groter die DM-inname hoe groter hoe groter is die urine uitskeiding en waterbehoefte. Verder word meer biologiese hitte geproduseer met ‘n hoër DM-inname wat tot ‘n groter hitteverlies deur sweetverdamping end us waterbehoefte aanleiding gee. Die waterbehoefte van diere is gewoonlik tussen 2 en 3 keer die DM-inname geag die heersende omgewingstemperatuur.


Waterinname word deur die hipotalamus van die brein beheer deur primer op die ionisiteit van die breinvloeistof as die belangrikste stimulus te reageer. Diere toon ‘n behoefte aan water wat met direk met die liggaam se behoefte aan ‘n waterbalans of homeostase ooreenstem. Die volume water wat ‘n voerkraalbees benodig kan deels deur die waterinhoud van die voer bevredig word. As gevolg van die relatiewe groot stoorkapasiteit van die herkouer se rumen (±25% van liggaamsmassa), kan beeste ander as enkelmaagdiere, ‘n groot hoeveelheid DM inneem en daarna die nodige hoeveelheid water inneem. Die rumen is gewoonlik vol ‘digesta’ met ‘n lae DM-inhoud van ±120g/kg. Vars en koel water behoort altyd vir diere in die voerkraal beskikbaar te wees.


Omgewingstemperature en -omstandighede

Temperatuur tussen -16 en 8°C veroorsaak die minimum spanning en het dus minimale invloed op vrywillige voerinname by diere. Die akute blootstelling aan hitte het ‘n betekenisvol groter negatiewe invloed as kroniese blootstelling op voerinname. ‘n Langdurige blootstelling gee aanleiding tot ‘n aanpassing by die klimaat. Een manier waardeur diere by hitte aanpas is om gedurende die nag, wanneer dit koeler is, te vreet. Die normale vreetgedrag van beeste hou met die fotoperiode of dagliglengte verband deur ‘n groter inname en meer kere geduende die dag te vreet. Dit kan wel aangepas word deur eerder in die koeler tyd van dag as bycoorbeeld die warm middagperiode te vreet. Tipies spandeer beeste 75% van vreettyd tussen 06h00 en 18h00 van die dag. Deur die beskikbare lig te verleng gaan gepaard met ‘n verhoogde DM-inname wat verklaar word dat beeste verkieslik vreet as die voer gesien kan word. ‘n Laer voerinname, met gepaardgaande swakker groei, van tussen 5 en 8% word tipies gedurende die wintermaande ook in Suid Afrika ondervind. Onder die kritiese omgewingstemperatuur verhoog die energiebehoefte van beeste en sal voerinname ook dienooreenkomstig verhoog. Onder baie koue omstandighede, veral as dit met wind en reën gepaardgaan, soek beeste skuiling of bly in die gemaklikste posisie lê, wat meebring dat normale vreetgedrag en voerinname verminder.

Vreetgedrag

Die vreetgedrag van beeste in die voerkraal hang grootliks van die verhouding van doiere tot vreetspasie af. Met genoeg vreetspasie sal al die diere gelyk eet, veral as die voer vars beskikbaar is. Met onvoldoende spasie vir almal gelyk, soos voerkraal normal ontwerp is, sal onderlinge skedulering plaasvind waar dominante diere eerste en na behoefte sal vreet. Beeste is geneig om voer wat natter is met groter porsies en vinniger te vreet as dieselfde voer wat in ‘n droër vorm is. ‘n Hoër voerinname word ook met vars voer geassosieër. Diere wat slegs van voerbakke afhanklik is vreet tipies sowat 120 minute per 24 uur periode met minder tyd gedurende die nag, veral dominante diere wat na willekeur kan vreet.

Na ‘n periode van swak groei wat deur voerbeperking soos deur droogte of of siekte toestand veroorsaak word, word beter produksie in die vorm van groei ondervind as diere van dieselfde ouderdom en lewende massa. Hierdie fenomeen staan as kompensatoriese groei bekend. Hierdie fenomeen word aan beter vrywillige DM-inname,  verhoogde derminhoud en beter voeromsettingsdoeltreffendheid toegeskryf.

Kwaliteit en aanvaarbaarheid van voerbestanddele

Smaak en reuk by beeste is soms bepalend vir DM-inname by beeste. Beeste het die vermoë om aangename en onaangename sensasie met voer voor of tydens die vreetproses te ervaar. Beeste sal voer self voor enige inname wyer soos indien dit na mis of urine ruik. Voer wat vars is stimuleer en voer wat met fungus of swamme besmet of verrot is, sal inname inhibeer. Voer wat met swamme, plantaardige siektes of gifstowwe besmet is word maklik deur beeste geproe en sal inname verlaag. Voere wat stowwerig is, is onsmaaklik en irriteer die lugweë van diere wat ook tot laer voerinname aanleiding gee. Dit is gewoonlik vlugtige stowwe wat maklik deur die dier waargeneem word, veral as die voer in die son warmgebak is. Deur eenvoudig water by die voer te voeg tot ‘n totale voginhoud van 25 tot 35% sal die stof bind en die voer koel hou wat voerinname sal stimuleer.

Fisiese prosessering van voerbestanddele, soos kerwing, maal en verpilling verhoog die verteerbaarheid en dus die voerinname van beeste. Selfs relatief onaanvaarbare voer word wel deur beeste ingeneem indien geen ander keuse beskikbaar is nie. Die vermoë van beeste om die meer verteerbare plant- en voerdele te identifiseer en in te neem is wel bekend.

Voersamestelling, voedingstofbalans en verteerbaarheid

Ongebalanseerde voedingstowwe in die voer is beide die oorsaak vir en gevolg van swak voerinname. Lae voerinname word dikwels aan spanning of rek van die rumenwand eerder as ‘n beperking as gevolg van voedingstofwanbalans toegeskryf. Onder normale gesonde omstandighede is ‘n wanbalans van voedingstowwe egter die primêre beperking van voerinname. Herkouers moet meer hitte produseer as voedingstowwe wat verteer moet word nie gebalanseer is nie. Byvoorbeeld, herkouers wat ‘n voer inneem wat hoë asynsuurfermentasie (lae propionsuur) veroorsaak en wat ook laag in proteieninhoud is, sal ‘n tekort aan glukose in sirkulasie hê om vetsintese te kan uitvoer. Hierdie dier sal meer as normaal metaboliese hitte produseer wat gereguleer moet word. Hierdie situasie sal veral nadelig wees onder warm en bedompige toestande waar diere reeds ‘n probleem het om liggaamshitte te reguleer en wat tot ‘n afname in voerinname aanleiding sal gee.